BUSINESS INLEIDING
REVIEW
3
Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding
van hierdie verkorte tussentydse resultate is ooreenkomstige IFRS
en is konsekwent met die rekeningkundige beleide wat toege
pas is in die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde
jaarstate, behalwe soos aangedui in aantekening 9 van hierdie
finansiële state.
Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer en ’n onafhank
like oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure
nie. Die tussentydse verkorte finansiële state sluit nie alle inligting
en openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state
nie en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse
finansiële state soos op 30 April 2018.
Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders
aangedui.
Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir
die voorbereiding van hierdie verslag.
Die groep se resultate is onder toesig van die Hoof Finansiële Be
ampte, CF Kruger GR (SA), voorberei.
Die resultate is op 5 Desember 2018 gepubliseer.
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2018