Senwes Integrated Reports Senwes 2018/2019 Tussentydse Resultate | Page 2

2 BUSINESS REVIEW INLEIDING INHOUDSOPGAWE 4 Besigheidsoorsig 8 Verkorte Gekonsolideerde Staat van Omvattende Inkomste 9 Verkorte Gekonsolideerde Staat van Finansiële Posisie 10 Verkorte Gekonsolideerde Staat van Kontantvloeie 10 Verkorte Gekonsolideerde Staat van Veranderinge in Ekwiteit 11 Aantekeninge tot die Verkorte Gekonsolideerde Finansiële State 15 Kennisgewing in terme van Artikel 44 en 45 van die Maatskappywet, 2008 SENWES BEPERK D ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwes Beperk (“die maatskappy”) soos op en vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2018 sluit in die maatskappy, al sy filiale, gesamentlik beheerde ondernemings en geassosieerde (gesamentlik na verwys as “die groep”). Die Senwes Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resul­ tate, insluitend die staat van finansiële posisie, staat van om­ vattende inkomste, staat van veranderinge in ekwiteit en staat van kontantvloeie vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2018, word voorberei ooreenkomstig die vereistes van die Internasionale Finan­ siële Verslagdoeningstandaarde (International Financial Re­ porting Standards) (IFRS) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad (Internatio­ nal Accounting Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (South African Institute of Char­ tered Accountants) (SAICA), Finansiële Rapporteringsriglyne (Finan­ cial Reporting Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Komitee (Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstan­ daarderaad (Financial Reporting Standards Council), die openbaar­ makingsvereistes van IAS 34 Tussentydse Finansiële Verslagdoe­ ning en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 71 van 2008. senwes tussentydse resultate 31 oktober 2018