3
INHOUDSOPGAWE
4 Besigheidsoorsig
8 Verkorte gekonsolideerde staat van omvattende inkomste
9 Verkorte gekonsolideerde staat van finansiële posisie
10 Verkorte gekonsolideerde staat van kontantvloeie
10 Verkorte gekonsolideerde staat van verandering in ekwiteit
11 Aantekeninge
15 Kennisgewing in terme van Artikel 44 en 45
van die Maatskappywet, 2008
Die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding
van hierdie verkorte tussentydse resultate is ooreenkomstig IFRS en
is konsekwent met die rekeningkundige beleide wat toegepas is in
die voorbereiding van die groep se vorige geouditeerde jaarstate.
Hierdie tussentydse resultate is nie geouditeer nie en ‘n onafhank
like oorsig is nie gedoen deur die groep se eksterne ouditeure nie.
Die tussentydse verkorte finansiële state sluit nie alle inligting en
openbaarmaking in soos vereis in die jaarlikse finansiële state nie
en moet gelees word in samehang met die groep se jaarlikse finan
siële state soos op 30 April 2017.
Alle bedrae hou verband met die groep se resultate, tensy anders
aangedui.
Die direkteure van die groep neem volle verantwoordelikheid vir
die voorbereiding van hierdie verslag.
Die groep se resultate is onder toesig van die Groep Hoof Finan
siële Beampte, CF Kruger GR(SA), voorberei.
Die resultate is op 6 Desember 2017 gepubliseer.
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017