2
SENWES BEPERK
D
ie verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van
Senwes Beperk (die “maatskappy”) vir die ses maande
geëindig 31 Oktober 2017 sluit in die maatskappy, al sy
filiale, gesamentlik beheerde ondernemings en geassosieerde (ge
samentlik na verwys as die “groep”).
Die Senwes Beperk verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate,
insluitend die staat van omvattende inkomste, staat van finansiële
posisie, staat van kontantvloeie en staat van veranderinge in ekwi
teit vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2017, word voorberei
ooreenkomstig die vereistes van die Internasionale Finansiële Ver
slagdoeningstandaarde (International Financial Reporting Standards)
(IFRS) en die interpretasies soos aanvaar deur die Internasionale
Rekeningkundige Standaarde Raad (International Accounting
Standards Board), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde
Rekenmeesters (South African Institute of Chartered Accountants)
(SAICA), Finansiële Rapporteringsriglyne (Financial Reporting
Guides) soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Komitee
(Accounting Practices Committee), finansiële uitdrukkings soos uit
gereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarderaad (Financial
Reporting Standards Council), die voorleggingsvereistes van IAS
34 Tussentydse Finansiële Verslagdoening en die vereistes van die
Suid-Afrikaanse Maatskappywet, nr. 71 van 2008.
senwes tussentydse resultate 31 oktober 2017