PRESTASIE
57
RISIKO-ASPEKTE
’n Volledige risikoverslag is ingesluit op bl. 82 tot 89. Dit is verbly
dend om te rapporteer dat die verruimings in kaviate wat tydens
die droogtesiklus met die banke onderhandel is, gedurende die
jaar genormaliseer het na vlakke wat voor die droogtesiklus ge-
geld het.
TOEKOMSVOORUITSIGTE
Die vooruitsigte vir die toekoms bly uitdagend uit ’n makro-
landbouomgewingsoogpunt wat betref geo-polities/ekonomiese
aspekte. Indien lae kommoditeitspryse sou voortduur, sal dit
stremming plaas op die spanderingsvermoë van die klant. Die
groot oordragvoorraad na die volgende seisoen bring egter ook
geleenthede mee en verleen reeds momentum aan die nuwe
seisoen.
ERKENNING
Die voorsitter en die groep hoof uitvoerende beampte het reeds
in hul verslae erkenning gegee aan al die belanghebbendes en ek
kan bloot net beaam wat hulle gesê het.
Aan Hom al die eer!
Klerksdorp
26 Junie 2018
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
...........................................................
Corné Kruger
GROEP HOOF FINANSIËLE BEAMPTE