48
STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS
GROEPSTRATEGIE | vervolg
Strategiese
fokusarea
Beskrywing
Vordering tot op hede
Toekomsvooruitsigte
Die byvoeging van gestruktureerde finansiering tot die Senwes
Credit produkaanbieding. Gestruktureerde finansiering sal op
al die kliënt se behoeftes fokus (totale besigheidsfokus).
Diversifikasie,
horisontale
integrasie en
konsolidasie
– vervolg
Interne
integrasie van
die klant Interne integrasie van die klant het die
volgende ten doel:
Beter klanteverhoudings en gevolglike
retensie van klante.
Verkryging van nuwe klante.
Verkryging van ’n verhoogde aandeel
van die beskikbare fondse van klante
deur die aanbieding van 'n ten volle
geïntegreerde besigheidsoplossing in
plaas van ’n eenmalige produk. Die Innovasie- en Integrasieafdeling is gevestig met die doel
om nuwe klante te werf, huidige klante te behou en die
aandeel van beskikbare fondse van die klant wat spandeer
word by Senwes te verhoog. Teen die agtergrond van deurlopende
tegnologiese ontwikkeling en die
tempo waarteen die behoeftes van
klante/kliënte ontwikkel, sal daar ’n
deurlopende dryf wees na ’n ver-
hoogde aandeel van die beskikbare
fondse van die klante/kliënte wat
deur Senwes “besit” word, deur mid-
del van innoverende, geïntegreerde,
hoë kwaliteit, oplossingsgedrewe
produkte, dienste en advies.
Deurlopende analise van die groep
se klante-/kliëntebasis ten einde
geleenthede te identifiseer.
Herorganisasie
van besigheids-
modelle Herorganisasie van besigheidsmodelle
fokus op die volgende:
Optimalisering van huidige produk- en/
of diensaanbod.
Operasionele herstrukturering - byvoe
ging van nuwe besigheidseenhede tot
die bestaande besigheidsmodel.
Fokus op die verbetering van
besigheidseffektiwiteit. Herposisionering van graanverhandeling in Tradevantage ten
einde in ’n nasionale graanverhandelingsagent te ontwikkel
(met ’n aanvaarbare B-BSEB-telling).
Uitrol van die nuwe B-BSEB-strategie na die uittrede van
Royal Bafokeng Holdings.
Senwes het van sy besigheidseenhede aan ’n eksterne anali
serings- en ondersoekproses onderwerp. Die besigheids
modelle van hierdie eenhede het ’n totale herontwerp en
opgradering ondergaan.
Senwes het sy aptyt in die hoëwaarskynlikheidsverhande
lingsboek verhoog en die funksie gesentraliseer. Waardeskepping is daarin gesetel om
deurlopend te poog om die basiese
aspekte te verbeter. Die groep sal
derhalwe daarmee voortgaan om
sy besigheidseenhede en -prosesse
te analiseer en te ondersoek ten
einde te bepaal of enige verbetering,
herontwerp, herstrukturering en/of die
vestiging van nuwe besigheidseen-
hede/-prosesse benodig word.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
Belangrikste
risiko’s