STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS
43
VERSLAG DEUR DIE
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
INTERNASIONAAL Die groep het goed herstel van
G die droogtesiklus en die genor-
raanproduksie wêreldwyd is vanweë die effektiwiteit
van produsente, sowel as verbeterde tegnologie, op
’n baie hoë vlak en oordragvoorraad bly bo die 600
miljoen ton vlakke vir alle grane. Indien oordragvoorraadvlakke
uitgedruk word as ’n persentasie van verbruik, is feitlik alle grane
steeds op ’n baie hoë vlak, wat die volgende tot gevolg het:
maliseerde wesensverdienste
het verhoog met 79% vanaf
R183 miljoen in 2017 na R327
miljoen.
Wêreldwye graanpryse is laag;
Produsente wêreldwyd is onder finansiële druk;
Wêreldwyd ervaar alle spelers in die graanwaardekettings
soortgelyke druk op winsgewendheid as primêre produ
sente;
Sagtekommoditeitwaardekettings is tipies siklies van aard
en dit wil voorkom of voorraadvlakke nou ’n hoogtepunt
bereik het en oor die volgende 18 tot 24 maande geleidelik
kan daal.
NASIONAAL
Die nasionale mielieoordragvoorraad was op 1 Mei 2017
1,095 miljoen ton en 3,879 miljoen ton op 1 Mei 2018;
Pryse het in 18 maande van R1 611/ton na R5 280/ton
gestyg en daarna weer gedaal na R1 727/ton. (Dit was
onderskeidelik die grootste styging en daling van sagtekom-
moditeitspryse in dekades);
Die nasionale mielieoes se waarde (gemiddelde prys x volu
me) het met 11% afgeneem, van R31 miljard na R27 miljard;
Landboutoerustingverkope het vir vier jaar deurlopend ge
daal vanweë laer winsgewendheid, verswakkende ZAR-wis-
selkoerse en meer effektiewe aanwending van toerusting
deur produsente. Dit blyk nie net ’n siklustendens te wees
nie, maar ’n fundamentele aanpassing;
Die huidige oes (2017/18) is aangeplant teen ’n wisselkoers
van ± R14,50 teenoor die VSA-dollar, terwyl dieselfde oes
waarskynlik verkoop gaan word teen ’n sterker wisselkoers
teenoor die VSA-dollar - ’n verlies in die wisselkoersreg-
stelling alleen;
Kommoditeite gaan waarskynlik vir langer teen uitvoerpariteit
verhandel (of net daarbo), wat die fisiese uitvoer van die oor-
skot van veral mielies, baie moeilik maak;
Drakoste vir witmielies kon vir feitlik die hele 2017/18 finan-
siële jaar verhaal word, wat beteken dat groot hoeveelhede
graan deur produsente, handelaars en graangebruikers,
FINANSIËLE OORSIG
Die groep het goed herstel van die droogtesiklus en die genor-
maliseerde wesensverdienste het verhoog met 79% vanaf
R183 miljoen in 2017 na R327 miljoen teen 30 April 2018. Op-
brengs op openingsekwiteit beloop 15,7% en uitpresteer nie
net die vorige jaar se opbrengs van 8,9% nie, maar ook die
vyf-jaar gemiddelde opbrengs van 12,8%.
BESIGHEIDSFILOSOFIE EN -STRATEGIE
Die Senwes groep se besigheidstrategie is gefokus op sy
kernvaardighede, naamlik insetverskaffing, marktoegang en
kredietverlening. Die toevoeging van waarde en die bied van
oplossings aan klante, eerder as ’n produk- en diensspesifieke
fokus, vorm die kern van die groepstrategie. Ons glo nie aan
diversifikasie van die voedselwaardeketting op en/of af nie van-
weë die feit dat ons nie met ons klantebasis, beide aan pro-
dusente- en verwerkingskant, kompeteer nie.
Sekondêre landbou het nog nie tot dieselfde mate as pro-
dusente en kleinhandelaars gekonsolideer nie en groot koste-
oneffektiwiteite bestaan. Tydelike verligting in hierdie bedryf
as gevolg van goeie reënvalpatrone impliseer nie die korrekte
langtermyn strategiese aanpassings nie en die volhoubaarheid
van rolspelers word al meer getoets en lei derhalwe ongelukkig
ook tot ’n swak produk- en diensaanbod.
Die Senwes groep fokus sy kapitaalprogramme vir ’n gerui-
me tyd reeds op hoë herinvestering in sy kernbesighede ten
einde dienslewering en markaandeel te versterk en te hand-
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
Rekord oordragvoorraad van graan ná die grootste nasionale
oes in Suid-Afrika se geskiedenis, het gevolg op die vorige jaar
(2016/17) se droogte (swakste reënval in 111 jaar se opgeteken
de geskiedenis). Hierdie verloop van omstandighede het die vol-
gende direkte en indirekte gevolge gehad:
Landbougrondpryse in Suid-Afrika het met 27,2% gedaal
sedert die 2016 hoogtepunt, wat in navolging is van grond-
prysdalings in die VSA sedert 2014;
vorentoe gerol is en sodoende die oorproduksiescenario
verder aangehelp het. In die vorige finansiële jaar was die
teenoorgestelde ten opsigte van drakoste waar.