28
DIE BESIGHEID
VERVAARDIGINGSKAPITAAL
S
enwes glo dat belegging in eiendom, aanleg en toerusting en die instandhou
ding van sy opgraderingsprogram, kleinhandelsnetwerk en silo-infrastruktuur
die effektiwiteit en koopervaring sal verbeter. Senwes gebruik sy vervaardigings
kapitaal om kontantvloei te genereer vanaf die opberging en hantering van graan tot
die verskaffing van insetprodukte en meganisasietoerusting aan klante en vir die in-
standhouding van meganisasietoerusting.
SLEUTELINSETTE
Nuwe SEOD (Senwes Eiendomsbeplannings- en Ontwikkelingsdepartement)
met spesialiswerknemers wat verantwoordelik is vir die maksimalisering van
die ekonomiese en finansiële waarde van die totale eiendomsportefeulje in die
groep;
UITKOMSTE
Die grootste oes sedert 1981 is deur die Senwes silo-infrastruktuur hanteer;
Senwes se innoveringsinisiatief, die Graintech projek, het Senwes Grainlink in
staat gestel om 50,3% van alle graan met ’n hoër voginhoud te ontvang, wat
gedeelde waarde geskep het;
Netto silo-inkomste (hantering en opberging) van R638 milljoen vir die jaar, wat
191,9% hoër is as die vorige jaar;
Besparing van 30% of 460 242 kWh in elektrisiteitsverbruik by hoofkantoor,
totale besparing in elektrisiteitskoste van R2,7 miljoen;
Waardevermindering van R40,7 miljoen;
Instandhoudingskoste van R44,9 miljoen.
Eiendom, aanleg en toerusting met ’n drawaarde van R567 miljoen, wat addi-
sionele kapitaalspandering van R141 miljoen vir die jaar insluit;
Opgegradeerde opleidings- en konferensiesentrum by Senwes hoofkantoor;
Die takke in Delmas, Middelburg en Newcastle is in totaliteit opgegradeer, met
die fokus op klantediens en ’n groot produkreeks. Tans besig om Potchef
stroom op te gradeer;
Hinterland het ’n nuwe OK Foods in Bultfontein geopen;
Grainovation het sy vloot met 41% uitgebrei;
Senwes Equipment het sy fasiliteite by Hartswater, Ventersdorp, Aliwal-Noord
en Ugie uitgebrei;
Grasland Ondernemings het die kapasiteit van sy Buhrmansdrif en Britten
aanlegte met 144% uitgebrei;
Deurlopende kapitaalbelegging in Senwes se silo-infrastruktuur;
Sementpaaie en/of toegangspaaie by 13 silokomplekse is opgegradeer;
Innamespoed van twee silo’s (Gottenburg and Protespan) is verhoog. Tans
besig met die opgradering van Makokskraal silo;
Alternatiewe opbergingsfasiliteite is beskikbaar gestel om addisionele graan by
Raathsvlei, Wolwehoek, Viljoenskroon, Rooiwal, Vierfontein en Potchefstroom
silo’s te kan opberg, weens die uitsonderlike groot oes.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
AKSIES OM UITKOMSTE TE VERBETER
Ontwikkeling van ’n nuwe tak en stoor by Hartswater ter waarde van R17
miljoen;
Opgraderingsprojek en verhoging van opbergingskapitaal by Arlington silo
teen ’n koste van R20 miljoen word binnekort voltooi;
Verbeterde klantediens deur middel van verhoogde innametempo en deurlug-
ting by silo’s;
Addisionele alternatiewe opbergingsfasiliteite sal opgerig word ten einde deur-
lopende opbergingsoplossings aan produsente te verskaf;
Opgradering van Senwes Equipment Wesselsbron en Schweizer-Reneke
werkswinkels.