Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Geintegreerde Verslag | Page 28

26 DIE BESIGHEID INTELLEKTUELE KAPITAAL D ie aanstelling van die regte persoon in die regte pos, ondersteun deur ef- fektiewe bestuurstelsels en maatskappykultuur, dra by tot die sukses van Senwes se besigheidsmodel en die behaling van sy strategie. Senwes is 'n klantgebaseerde maatskappy wat daarna streef om innoverende en geïntegreerde oplossings te vind vir die uitdagings van ons klante. UITKOMSTE ’n Gestruktureerde program vir gegradueerdes wat die kernbesigheid ondersteun; ’n Goed gedefinieerde talentbestuursraamwerk; Wetenskaplik ontwerpte ontwikkelingsprogram en opvolgbeplanning vir uitvoeren­de bestuurders en kritiese poste; Bevoegdheidsbestuur via aanlynposbeskrywingsontwikkeling; Identifikasie van opvolgers met behulp van opvolgbeplanningsdokumentasie; SLEUTELINSETTE Senwes Akademie bied opleiding en ontwikkelingsgeleenthede vir werknemers; Totale vaardigheidsontwikkelingskoste van R10,1 miljoen; Opgegradeerde bergingsoplossing vir verbeterde tegniese prestasie en ver- hoogde kapasiteit; Gekombineerde uitvoerende bestuursondervinding van 99 jaar; Opgradering van webtuise vir die Senwes groep maatskappye; Innovasieafdeling gefokus op innoverende produkte en dienslewering; Eburo wat boerdery markvergelykings doen; Interne IT-afdeling met 63 ervare tegniese personeellede; Groeploopbaanportaal; Unieke besigheidstoepassings vir gespesialiseerde verhandeling; Nuwe geïntegreerde menslikehulpbronnestelsel; Unieke besigheidsprosesse; Aanlynposwaarderingstelsel; Nasie in Gesprek; AgriRewards-lojaliteitskema; Eksterne diensvlaknavorsingsprojek; OneAgri-toepassing; Produkontwikkelingsprogramme en -spanne; Intern ontwikkelde stelsels; Bedryfs- en spesialisbesigheidseenhede met ’n mandaat om nuwe geleent­ hede te ondersoek; Nasie in Gesprek ontvang ’n gesogte toekenning van die Landbouskrywers van Suid-Afrika vir sy bydrae tot landbou in Suid-Afrika. ’n Nuwe opgegradeerde kernbesigheidsgedrewe program vir gegradueerdes; Gebruik van eksterne spesialiste soos benodig; Uitgebreide leierskap- en vakleerlingskapprogramme; Fokus op pasgemaakte leierskaps- en bestuursontwikkelingsprogramme; ’n Verbeterde beursskema; ’n Nuut ontwikkelde versnelde leerderontwikkelingsprogram vir leerders met diplomas; Verskeie kontrakte/werksreëlings met die regering en SETA’s om korporatiewe blootstelling te verleen aan leerders met SETA-toekennings in diens van die graanbedryf is uitgebrei. OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER Program vir gegradueerdes 2010 - 2018 Aantal SEB-gegradueerdes 41% SEB NIE-SEB Aantal Nie-SEB gegradueerdes 11 16 Talentontwikkelingsaanwyser Aantal opleidingsdae per werknemer 59% 2017/2018 2016/2017 Beweging 5 586 3 102 80,1% Totale opleidingskoste (R’m) 10,1 9,6 5,2% % van opleiding belê in swart individue 38,4 44,1 (12,9%) Gemiddelde aantal opleidingsdae per werknemer 3,7 3,3 12,1% Opleidingskoste as % van salariskoste 2,6 2,4 8,3%