12
DIE BESIGHEID
VOORSITTERSVERSLAG | vervolg
Meer tyd en aandag is deur die direksie en sy komitees aan
onderpresterende beleggings, vergrote kapitaalprogramme,
sowel as nuwe projekte bestee. Die direksie is veral opgewon-
de oor die kapitaalprogramme wat op ’n kwantum sprong in
dienslewering en waardetoevoeging vir die klant fokus. Die di-
reksie poog ook om die verhoogde fokus op integrasie na die
klant en kruisbemarking regoor die Senwes groep te belyn.
SENWES HERNU SY STRATEGIE
Ons is terdeë bewus dat ’n strategie nie ’n eenjaarplan
is wat op ’n gereelde basis verander nie. Die kern van
die 2020-strategie, wat in 2011 aanvaar is, is steeds in
plek en is sedertdien aangepas en verfyn in areas waar
dit nodig was. Dit is voorts ’n ontwikkelingsplan wat nie
net goeie groei bewerkstellig nie, maar wat genoegsame
waarde kan skep en kritiese massa meebring ten einde
oor die lang termyn volhoubaar te bly. Bewese duplise
ring en oneffektiwiteit is steeds aanwesig in die groter
landbousektor en die mark sal na my mening net sóveel
hiervan kan absorbeer alvorens ’n regstelling vereis word.
ONTSLUIT WAARDE VIR DIE AANDEELHOUER
Senwes se genormaliseerde wesensverdienste per aandeel
het wesenlik verhoog met 80,4%, vanaf 108,4 s/aandeel na
195,5 s/aandeel. Die dividendsiklus is herstel en daar is selfs
opgevang waar ons agter geraak het weens die afgelope twee
jaar se droogtes. Die dividenddekking is genormaliseer na 3,1
en tesame met ’n goed gestruktureerde aandeelterugkooppro-
gram, het die prys op die sein gereageer en ’n 5,8% groei op
die openingsmarkprys afgelewer. Tesame met die dividende,
is die totale aandeelhouersopbrengs op die openingsmarkprys
11%.
VOORUITSIGTE
’n Normale oesjaar word verwag wat, tesame met goeie oor-
dragvoorrade, nog ’n normale tot goeie siklus kan meebring.
Die kredietbesigheid gaan waarskynlik die uitdagings van ’n
lae oesomset te bowe moet kom en spandering aan kapitaal-
goedere sal waarskynlik steeds laag bly.
ERKENNING
Ek wil graag erkenning gee aan die Groep Hoof Uitvoeren-
de Beampte, Francois Strydom, en sy uitvoerende span, my
mede-raadslede en die 3 252 personeellede vir hul toewyding
tot die groep.
Besondere dank vir die ondersteuning van al die aandeelhouers,
veral die twee kernaandeelhouers, Senwesbel en Grindrod.
In diepe erkenning en dankbaarheid teenoor ons Skepper.
KORPORATIEWE BEHEER
Die direksie en sy komitees het hul jaarlikse werksplanne afge-
handel en behoorlik daaroor gerapporteer. Die gekombineerde
uitvoerende bestuursondervinding van die raad beloop 99 jaar
en onafhanklike direkteure dien op komitees waar onafhank-
likheid vereis word. Deursigtige dokumentasie wat behoorlik
oorweeg en gedaag word, is deel van ons kultuur en die Sen-
wes direksie rapporteer graag dat sy beheerstrukture effektief
funksioneer.
Mnr Cyril Ramaposa het in sy toespraak oor grondhervorming
daarna verwys dat die proses groei moet bewerkstellig, nie die
ekonomie moet skaad nie en nie voedselsekuriteit moet bedreig
nie. As direksie het ons werk om te doen om die maatskappy
te posisioneer deur die landbougrondtransformasie-uitdagings
wat voorlê en sal ons deelname hieraan heelwat moet verhoog.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
...........................................................
Danie Minnaar
VOORSITTER
Klerksdorp
26 Junie 2018