DIE BESIGHEID
11
VOORSITTERSVERSLAG
Na die ergste droogte in die geskiedenis, is die rekord mielieoes, wat vir 37 jaar lank sedert
1981 gestaan het, onverwags gebreek. Die rekord is met 13,9% oorskry.
Geagte Belanghebbende
OORSIG
Die jaar onder oorsig was ’n jaar van uiterstes. Dit het begin met
’n wisselkoers van R13,31 teenoor die VSA-dollar en geëindig
met R12,37 teenoor die VSA-dollar, ’n 6,9% versterking. Ons
was aanvanklik bekommerd oor die effek van die afgradering
van Suid-Afrika se soewereine kredietgradering op die land-
bousektor en was later aangenaam verras toe die ANC-leier-
skap veranderinge aanbring en sodoende totale verval gestuit
het, wat meer polities-ekonomiese beleidsekerheid meebring.
skuld van meer as R180 miljard hierdeur geaffekteer word. Dit
is uiters belangrik om nie die rol wat deur miljoene mense in
die landbouvoedselwaardeketting gespeel word, en derhalwe
die totale verbruikersbasis van Suid-Afrika, in gevaar te stel met
voortvarende en onverantwoordelike uitsprake oor onteiening
van grond sonder vergoeding nie. Die regte ding om te doen sou
wees om die grondhervormingskwessie op ’n verantwoordelike
wyse te hanteer, sonder om ons ekonomie en voedselsekuriteit
te destabiliseer, terwyl die behoeftes van al ons landsburgers
Hektare
Data: 20-jaar periodes met
respektiewelike tendenslyne
aangespreek word ten einde hulle in staat te stel om 'n bestaan
vir hulself en hul kinders te kan maak en te handhaaf.
LANDBOU: ’N JAAR VAN UITERSTES
Na die ergste droogte in die geskiedenis, is die rekord
mielieoes, wat vir 37 jaar lank sedert 1981 gestaan het,
onverwags gebreek. Die rekord is met 13,9% oorskry.
Wat selfs meer fenomenaal was, is dat die aantal hek-
tare waarop die oes geproduseer is, 60,6% laer was as in
1981. Die opbrengs per hektaar vir mielies het met gemid
deld 89,1% tot 6,39 ton per hektaar toegeneem vanaf
1981.
Bron: SAGIS Historiese Inligting
Kommersiële mielieopbrengs (ton/hektaar)
t/ha
Data: 20-jaar periodes met
respektiewelike tendenslyne
Die sagtekommoditeitspryse het na sy opwaartse jaagtog
van die vorige jaar, ingeplons en die rekordoes herprys,
byna tot uitvoerpariteitsvlakke. Laer as verwagte boer
deryinkomste het veroorsaak dat klante hul oesopbrengs
grootliks spandeer het aan die terugbetaling van skuld en
nie noodwendig die opgradering van kapitaalgoedere nie
wat stremming in die heelwerktuiggoederesektor veroor-
saak het.
Bron: SAGIS Historiese Inligting
RELEVANTE EN BEDUIDENDE FOKUSAREAS
VAN DIE DIREKSIE
Die direksie het lank uitgesien na ’n beter landbousiklus en het
seker gemaak dat die groep sy fokus handhaaf ten einde die
geleenthede optimaal te benut.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
Radikale uitsprake oor grondhervoming skep egter onsekerheid
vir beleggers. Die hoogs komplekse en kompeterende voedsel
waardeketting, wat gekenmerk word aan lae subsidievlakke
word onder verdere druk geplaas deur wisselende reënvalpa-
trone, oneffektiewe logistieke verskaffingskettings en hoë skuld
vlakke. Eiendomsreg is die fondasie van ons ekonomie en dit
skep die basis vir alle landsburgers om welvaart te skep en te
bou oor generasies. In landbouverwante bedrywe skep dit die
basis vir sekuriteit, kollateraal in die volksmond kan landbou-
Kommersiële mielies geplant (hektare)