Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 62

60 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï RISIKOMETODOLOGIE Wesenlike risiko’s Alle ondernemings word deur onsekerheid in die gesig ge­ staar, wat beide risiko’s en geleenthede tot gevolg het, met die potensiaal om waarde te verhoog of te vernietig. Die Senwes groep gebruik die Committee Organisation of the Treadway Commission (COSO) Enterprise Risk Management (ERM)-meto­ de, wat ’n raamwerk vir bestuur verskaf om onsekerheid en gepaardgaande risiko’s en geleenthede effektief te hanteer en sodoende hul kapasiteit om waarde te verhoog, te verbeter. bestuursproses verbeter. ERM is verwant aan korporatiewe be­ heer deurdat dit inligting oor die mees beduidende risiko’s aan die raad van direkteure verskaf. Risiko-aptyt Ondernemings bedryf besigheid in omgewings waar faktore soos globalisering, tegnologie, regulering, veranderende mark­ te en mededinging onsekerheid skep. Onsekerheid vloei voort uit ’n onvermoë om die waarskynlikheid van potensiële ge­ beure en die verwante uitkomste daarvan presies te bepaal. COSO ERM definieer risiko-aptyt as die risiko, op ’n breë basis, wat ’n onderneming gewillig is om te aanvaar in sy strewe na waarde. Dit reflekteer die onderneming se risikobestuursfilo­ sofie en beïnvloed die maatskappy se kultuur en wyse waarop besigheid bedryf word. Risiko-aptyt rig derhalwe die alloke­ ring van hulpbronne en help die maatskappy met die belyning van die organisasie, mense en prosesse deur die infrastruktuur wat benodig word vir effektiewe reaksie op en monitering van risiko’s, te ontwerp. Geen onderneming bedryf besigheid in ’n risikovrye omge­ wing nie en ERM het nie ten doel om so ’n omgewing te skep nie. ERM fokus daarop om bestuur in staat te stel om meer effektief te wees in risiko-omgewings. Dit werk nie in isolasie binne ’n onderneming nie, maar eerder as ’n proses wat die ’n Organisasie behoort sy kapasiteit vir addisionele risiko­ne­ ming ter bereiking van sy doelwitte, te oorweeg. Dit moet ook sy bestaande risikoprofiel oorweeg, nie as ’n bepaling van risiko-aptyt nie, maar as 'n aanduiding van die risiko’s wat dit tans hanteer. Ontleed  Bestuurskonsultering Kommunikasie Identifiseer Hersien Risikotendense en -analises   Risiko- bestuursproses Bestuur en Uitvoerende Komitee (Maandeliks) Die Raad (Kwartaalliks) Die Risikokomitee (Tweejaarliks) Monitor en Rapporteer Kontroleer   Mitigeer 