AANTEKENINGE TOT DIE
VERKORTE GEKONSOLIDEERDE
FINANSIËLE STATE
1. VERSLAGDOENINGSENTITEIT
Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state
van Senwes Beperk (die “Maatskappy”) soos op en vir die
ses maande geëindig 31 Oktober 2015, bestaan uit die
Maatskappy, al sy filiale, gesamentlike ondernemings en
geassosieerdes (saam na verwys as die “Groep”).
2. BASIS VAN VOORBEREIDING
Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state
is opgestel volgens en voldoen aan die vereistes van IAS 34
Tussentydse Finansiële Verslagdoening.
Die tussentydse verkorte gekonsolideerde finansiële state
sluit nie al die inligting en openbaarmaking soos vereis vir
finansiële jaarstate in nie en moet saamgelees word met die
Groep se finansiële jaarstate soos op 30 April 2015.
Alle bates en laste gemeet teen billike waarde is gebaseer
op gekwoteerde markpryse in ‘n aktiewe mark en is as ‘n vlak
1 aangedui. Daar was geen veranderinge met betrekking
tot vlakke nie en geen nuwe items is bygevoeg sedert die
finansiële state gedateer 30 April 2015 nie.
3. VERWANTEPARTYTRANSAKSIES
3.1
3.2 Senwesbel Bpk. (“Senwesbel”)
Dividende van R24,3 miljoen is aan Senwesbel betaal.
Handelsdebiteure - Direkteure
Die handelsdebiteure bestaan uit produksiekrediet-
rekenings sowel as ander rekenings waarvoor klante
van die Maatskappy kwalifiseer. Die toestaan van
krediet, terugbetalingsvoorwaardes en rentekoerse
op die lenings is ooreenkomstig die maatskappy-
beleid wat geld vir al die klante van die Maatskappy.
Op 31 Oktober 2015 het die direkteure die Groep
R4,8 miljoen op bogenoemde rekenings geskuld.
Sekuriteit is volgens normale praktyke dien-
ooreenkomstig gevestig.
Senwes TUSSENTYDSE RESULTATE 31 Oktober 2015
11