Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Página 5

Verslagdoeningsbeginsels Direksiegoedkeuring Die inligting wat in die verslag verskaf word, voldoen aan Internasionale Verslagdoeningstandaarde, die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr. 71 van 2008 (soos gewysig), King III Beheerbeginsels, die Handel- en Nywerheidsdepartement se Bedryfskodes vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Global Reporting Initiative se G3-riglyne vir volhoubare verslagdoening, soos toepaslik. Hierdie geïntegreerde verslag is die verantwoordelikheid van die Direksie en die Direksie aanvaar derhalwe aanspreeklikheid vir die integriteit van die inligting hierin vervat. Die Direksie het die verslag behoorlik oorweeg en is van mening dat alle wesenlike aspekte op ‘n redelike wyse aangespreek is. Die rekeningkundige beleid wat gedurende die jaar deur die Groep aanvaar is, is in ooreenstemming met die beleid wat gevolg is in die voorbereiding van die Groep se finansiële jaarstate van die voorafgaande finaniële jaar. Alle inligting in die verslag is nie onderwerp aan ‘n onafhanklike oudit of oorsig nie en die samestelling daarvan is gebaseer op interne rekords en publieke inligting, onder toesig van CF Kruger, GR (SA), Finansiële Direkteur. Ernst & Young Ingelyf het ‘n onafhanklike oudit van die Groep se finansiële jaarstate uitgevoer. Danie Minnaar Voorsitter Francois Strydom Besturende Direkteur Corné Kruger Finansiële Direkteur Klerksdorp 27 Junie 2014 3