Terug-
. k i l b blik.
INLEIDING EN BESTEK
VAN DIE VERSLAG
Die finansiële jaar het op ‘n hoë noot begin vir die Senwes Groep
met die daarstelling van ‘n gesamentlike onderneming tussen die
toonaangewende landboukleinhandelsbesighede van Senwes
Village en AFGRI Town&Country, nou bekend as Hinterland.
Hierdie gesamentlike onderneming plaas ons in ‘n gunstige
posisie deurdat dit ons in staat stel om ‘n groter markaandeel
te verkry en ons geografiese voetspoor uit te brei. Die Senwes
Groep het ook sy versekeringsbesighede herposisioneer
onder ‘n nuwe handelsmerk, Certisure. Hierdie gesamentlike
onderneming met NWK ondersteun die strategie vir toekomstige
groei wat nie geografiese beperk is nie en sal tot voordeel
van beide ons klante en produsente wees. Verskeie ander
veranderinge en verbeteringe in die Senwes Groepstruktuur
reflekteer die Maatskappy se vordering ten opsigte van die
doelwitte wat vir 2020 gestel is.
Die titel van die verslag, Op pad na 2020, impliseer dat wat
ons gedurende die afgelope jaar gedoen het en beplan om in
die toekoms te doen, strategies belyn is met die visie van die
Maatskappy. Senwes is trots op sy proaktiewe benadering tot
bestuur, die aangryp van geleenthede en die feit dat Senwes ‘n
toonaangewer is onder landboubesighede.
As Groep strewe ons na gebalanseerde en verantwoordelike
verslagdoening aan ons belanghebbendes, wat ‘n oorsig gee oor
die bestuur, strategie en finansiële aanwysers. Hierdie verslag
verskaf inligting aan bestaande en toekomstige vennote en
belanghebbendes wat hulle in staat sal stel om ingeligte besluite te
neem in hul besigheidsonderhandelinge met die Senwes Groep.
2
Ten einde ‘n omvangryke oorsig oor ons besigheid aan ons
belanghebbendes te gee, moet hierdie geïntegreerde verslag
saamgelees word met die 2014 omvattende volhoubaarheids-
en korporatiewe beheerverslag en die finansiële jaarstate, wat
beskikbaar is op ons webwerf www.senwes.co.za. Hierdie
geïntegreerde verslag is die enigste verslag in gedrukte formaat
en ons primêre verslagdoeningsvoertuig. Dit behoort saamgelees
te word met bogenoemde drie ondersteunende verslae.
Hierdie verslag stel toekomstige vennote in kennis van belangrike
sake en stel belanghebbendes in staat om ‘n ingeligte oordeel te
fel oor die Senwes Groep se voortgaande vermoë om waarde
te skep en te handhaaf. Die verslag dek Senwes Beperk en sy
primêre bedryfsafdelings (Senwes Credit, Senwes Grainlink
en Senwes Village), sowel as die gesamentlike ondernemings,
geassosieerdes en filiale waarin Senwes beheer, gesamentlike
beheer of beduidende invloed oor die bedryfsbeleide en -praktyke
van sodanige instansies uitoefen.
Die verslag fokus op gebeure gedurende die jaar geëindig
30 April 2014 en maak toepaslike vergelykings met vorige
periodes.
Die finansiële jaar het
op ‘n hoë noot begin vir
die Senwes Groep met
die daarstelling van ‘n
gesamentlike onderneming tussen
die toonaangewende landbou-
kleinhandelsbesighede van Senwes
Village en AFGRI Town &
Country, nou bekend
as Hinterland.