SENWES
SENWES 1909 – 2019
Senwes se wortels is stewig in die landbou geanker. Die maatskappy
spog met ’n ryk en trotse geskiedenis wat oor 110 jaar strek.
van landbou (Unie van Suid-Afrika) as die Sentraal Westelike
Koöperatiewe Maatskappy geregistreer. In spreektaal word
daar dikwels na die maatskappy verwys as “Sentraalwes”
en soms “Senwesko”.
16 April 1946
Die hoeksteen van ’n nuwe hoofkantoor word in Corrie
de Kockstraat in Klerksdorp gelê. Op 12 April 1947 word
die nuwe kantoor voltooi en ingewy. Mnr. J.J. Adams, on-
dersekretaris van landbou en registrateur van koöperatiewe
maatskappye, behartig die amptelike opening van die nuwe
hoofkantoor.
Senwes se eerste raad. Van links is, voor: Mnre. J.H. van
Barneveld, B.J. de Wet, W. Campbell (voorsitter) en G.J.
Schoeman (ondervoorsitter); agter: Mnre. C.M. Eloff en
J.D. Krige (sekretaris).
Maart tot April 1909
’n Groep van 24 boere vergader om die idee van ’n koöperasie-
stigting in die destydse Wes-Transvaal te bespreek. ’n Voorlopige
stigtingsooreenkoms word opgestel. Dit was onbewustelik die
begin van die totstandkoming van die grootste landboukoöpe-
rasie nóg in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond (tot 1996).
15 Mei 1909
Die behoefte aan en grondslag vir ’n koöperasie word bekragtig
deur die amptelike vergadering van ’n groter byeenkoms op die
Effektebeurs in Klerksdorp. Só word De Centraal Westelijke
Co-operatieve Landbouw Vereniging gestig.
1 Junie 1909
William Campbell word op die eerste direkteursvergadering
verkies tot die eerste voorsitter van De Centraal Westelijke
Co-operatieve Landbouw Vereniging.
1929–1930
Senwes verkoop brandstof aan sy lede.
1931
Die totale graanopbrengs wat deur Senwes ontvang word, is
vir die eerste keer in die geskiedenis van die koöperatiewe ver-
eniging meer
as ’n miljoen
sakke.
21 April
1936
As ’n koöpe-
ratiewe vere-
niging is Sen-
wes deur die
departement
4
SENWES 110
Julie 1946
Die eerste maandelikse publikasie, Senwesko, Vol. 1(1), word
gepubliseer, maar loop ongelukkig ná ’n paar maande dood.
In Junie 1956 volg die Senwester as ’n tweede poging tot ’n
maandpublikasie.
1947
Die hantering van grondboontjies begin as ’n
nuwe produksielyn. Teen 1949 dryf Senwes
ook handel in voer en eetbare olies.
1950
Senwes is ’n stigterslid van Sentraboer (Koöperatief) Beperk,
wat gestig is om die oeste en bates van lede te verseker.
1951
Die maatskappy begin met saadverwerking as bykomende
diens aan lede.
2 Februarie 1956
Senwes registreer sy bedrywighede in die destydse Suid-
wes-Afrika (Namibië) ingevolge die Ordonnansie op Koöpe-
ratiewe Verenigings, 1946 (Ordonnansie 15 van 1946) as ’n
koöperatiewe maatskappy met beperkte aanspreeklikheid.
1956
Senwes neem waarskynlik in hierdie jaar die koöperatiewe
maatskappy se eerste logo in gebruik.
1962
’n Omvattende graanhyserbouprogram word begin om groot-
maatgraan beter te bestuur.
1965
Stelsels by Senwes se hoofkantoor
word gerekenariseer (IBM word ge-
bruik). ’n Kragtiger rekenaar word
20 jaar later in gebruik geneem.
Senwes se hoofkantoor, wat in 1947 ingewy is.
| Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019