Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief November 2019 proeflees finaal | Page 2
“Show en Tell” – 2020!
Bring asb. jul kwilte en kom stal dit uit tydens die Alg. Verg!
Dit hoef nie noodwendig
`n pas klaargemaakte kwilt te wees nie!
Alle kwilters wat `n kwilt inskryf
vir ”Show & Tell”
se naam word in `n poel gegooi,
`n naam sal dan getrek word
as wenner van
`n lekker vet geskenkpak!
Die kykerskeuse
kry `n mooi roset en sertifikaat as erkenning vir haar werk!
Bring daai kwilte asb!!!... hier is `n lekker vet geskenkpak wat deur enige
deelnemende kwilter gewen kan word!!!!
Wenner
“Show & Tell”
7 Augustus 2019
Kwiltresep….
Linda se vinnige Tuna en Sampioene
30 g botter of olie vir braai
1 ui
½ geel soetrissie ontpit en fyn gekap
½ groen soetrissie ontpit en fyn gekap
250 g “Denny Button” – sampioene
50 ml koekmeel
250 ml melk
250ml suurroom
30 ml tamatie pasta
2 x 185 g geblikte tuna (in olie)
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
25 ml vars pietersielie of dan bietjie gedroog vir ekstra geur
Gaar Bruinrys
Groen/mengelslaai
1. Verhit olie/botter in pan, voeg uie en soetrissie by, braai
liggies. Voeg sampioene by en braai vir verder 2-3 minute.
2. Voeg meel by – roer tot goed gemeng – voeg die
melk by en roer tot verdik. Voeg die suurroom,
tamatiepasta, tuna en geurmiddels by. Bring tot
kookpunt.
Bedien op rys saam met vars slaai.
Emmie Swanepoel het op Hertzogville groot geword
en het later na Bloemhof verhuis. Hier kwilt sy
saam met Juliana Venter.
Sy is met Willem getroud en het een seun en 4
kleinkinders. Hulle verhuis na Bothaville en sy begin
kwilt saam met Alida Klopper. Haar gunsteling kleure
is groen en blou.
Buiten kwiltwerk is baie lief vir tuinmaak.