Vir meeste mense is SJGD net ʼn vinnige skiet punt vir koshuis deelname, maar vir van ons Karlien harte is daai skietpunt ʼn bysaak.
SJGD speel ʼn baie belangrike rol in die samelewing en word baie mooi deur ons SJGD HK lid, Aery, se visie beskryf -“Our words have actions, but our actions shape lives”. Die belangrikheid van SJGD lê in die daadwerklike verskil wat al ons klein projekte in mense se lewens maak.
Ons koshuis se hoof projekt is die skooltjie in Ikageng en deur net na die skooltjie te kyk kan mens die verskil sien in elke besoek wat ons aflê. Hoe die kinders se gesiggies op helder elke keer wat ons kom kuier en om te sien hoe hulle werklik die dinge wat ons hulle aanleer inneem. Tydens een van die leer geleenthede het ons die kinders van die groot 5 geleer en by ons laaste besoek het die kindertjies nog elke keer vir ons herinner watter geluide daardie 5 diere maak. Dit wys vir ons dat
die kinders werklik honger is om te leer end at ons tog ʼn belangrike bydrae lewer om daai honger te versadig. Aery praat van die kinders se “sponsie fase” waarin hulle is en sy wil die fase so goed as moontlik benut om die kinders soveel moontlik te leer en hulle daardeur vir meer te bemagtig.
Aery se uiteindelike doel is om die skooltjie se behoeftes te versadig sodat die skooltjie onafhanklik sonder die SJGD projekte kan funksioneer, soos hulle graag wil. Wat net weereens ʼn bewys is dat wat ons doen om tehelp en terug te gee aan die gemeenskap, werklik belangrik is.
Daarom is SJGD nie net ʼn vinnige skietpunt nie, maar ʼn belangrike deel van ons alledaagse lewe om terug te gee en mense te help waar ons kan tot die beste van ons vermoë.