SANDkoerant 5 | Page 19

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Kas: “Ons albei was graad-8, dit was die eerste dag van Hoërskool. Hy het verby my geloop met sy "funky" haarstyl. Ek onthou nog ek het gedink wie is hierdie arrogante klein (maar tóg vrek "cute") seuntjie.’’

Hoe het hy jou uitgevra en wat het jy in daardie oomblik gevoel en gedink?

Kas: “Dit was 7 Oktober 2014. Ek dink in sy kop was dit dalk meer romanties, maar ons het van die "gym" afgekom, All of me van John Legend het op die TV gespeel(hy't probeer saamsing), toe hy vra: "Só, wat gaan ons vir die mense sê? Gaan jy my meisie wees?" Ek het gedink, hoe romanties vir 'n Graad 11 seun.”

Wat is sy mooiste fisiese eienskap?

Kas: “Daar is niks aan hom wat nie vir my mooi is nie. Hy is vir my die mooiste wese op hierdie aardbol.”

Wat is sy mooiste innerlike eienskap?

Kas: “Sy onvoorwaardelike liefde en die feit dat hy geen persoon oordeel nie, hy aanvaar hulle net soos hulle is. Hy het 'n ongelooflike regverdige hart, hy sal ALTYD opstaan vir dit wat reg is, al is dit nie die populêrste keuse nie.”

Wat het jy al voor hom gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Kas: “Om eerlik te wees, hy is "my person" en my beste vriend. As ek simpel goed doen of nonsens aanvang, lag ek eerder saam met hom daaroor as wat ek skaamkry daaroor.”

Wat is jou liefdes naampie vir hom?

Kas: “Ek noem hom Lyf.”

Beskryf hom in drie woorde?

Kas: “Nederig, goedhartig en dalk bietjie banaal.”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of hy?

Kas: “Dit hang af. Meeste van die kere is dit maar hy. Veral as die rugby aan is, dan raak mens nie aan die remote nie. Hy sal dit dalk nie erken nie, maar hy hou ook daarvan om "chick-flieks" te kyk saam met my.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Kas: “Ons is baie lief vir eet. Die perfekte/gunsteling date vir ons twee sal tien teen een "Dunked Wings" insluit. Alleentyd en saamwees is vir ons ook kosbaar omdat ons studies en die gejaagde lewe nie altyd toelaat dat ons mekaar baie sien nie.”

Wat is die oulikste ding wat hy al vir jou gedoen of gesê het?

Kas: “Vir my 21ste het hy vir my 'n "promise ring" gekoop en my belowe dat hy eendag die tydelike ring sal ruil vir 'n trouring as ek belowe om sy trouvrou te wees.”