SANDkoerant 5 | Page 18

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Petrus: “Ons was in dieselfde hoërskool.”

Hoe het jy haar uitgevra en wat was al die beplanning rondom die groot oomblik?

Petrus: “Op die bank voor die televisie, maar daar was geen beplanning.”

Wat is haar mooiste fisiese eienskap?

Petrus: “Alles van haar, self haar lang voete.”

Wat is haar mooiste innerlike eienskap?

Petrus: “haar sagte hart.”

Wat het jy al voor haar gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Petrus: “Ek het al voor haar baklei.”

Wat is jou liefdes naampie vir haar?

Petrus: “Lief.”

Beskryf haar in drie woorde?

Petrus: “ Pragtig, selfstandig en kunstig.”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of sy?

Petrus: “Ek doen, maar ons sit dit gewoonlik op iets wat sy wil kyk tensy daar rugby aan is.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Petrus: “Om net saam te wees of om na petshops toe te gaan of byvoorbeeld die DBV of paws.”

Wat is die oulikste ding wat sy al vir jou gedoen of gesê het?

Petrus: “Sy het vir my ’n peikniek gehou na my verjaarsdag, maar ek het vreeslik sonsteek gehad en kon nie eers enige iets eet nie.”