SANDkoerant 5 | Page 13

2019 was tot dusver ʼn baie goeie jaar vir Karlien en PAsop vir KARring. Daar was nie net op een gebied presteer nie, maar op Sport-, kultuur-, debat- en sosialegebied. Selfs die dames wat nie gekompeteer het nie, het hulle kant gebring deur te ondersteun en Karlien se naam hoog te hou wat dan gelei het tot alreeds die verowering van twee geesbekers tot dusver.

Deur bietjie die verskeie prestasies te ontleet, gaan ons terug in tyd tot by Eerstejaarskonsert 2019 waar PAsop vir KARring baie goed gevaar het. Toneel 1ste, Begeleiding 2de, Sang 2de, Eiekomposisie 2de, Multikultrueel 3de en algeheel 4de. Baie harde werk het in hierdie produksie gegaan en ons is baie trots op Arina(Trovert) en Hannes – die verskeie kuns HK-lede. En dan natuurlik elkeen wat gehelp afrig het en ook die bydraes met die dekor en ondersteuning.

Die eerste sportgeleentheid van 2019, was Netbal en Karlien het hulself baie goed van hul taak gekwyt. Algeheel het Karlien vierde geeindig en die geesbeker gewen by die byeenkoms. Ons wil dankie sê aan elke dame wat gespeel het en elkeen wat ondersteun het. Korfbal het ook toe afgeskop en met die finale uitslae was Karlien se eerstespan algeheel 4de en die tweedespan algeheel 8ste uit die 23 spanne wat deelgeneem het aan die toernooi.

Koshuisatletiek was weereens suksesvol en Karlien het uitgestaan met die rooimassas wat opgedaag het om te ondersteun en te sing. Algeheel word ʼn 4de plek verower met die atletiek en 2de plek vir die geesbeker.

PAsop vir KARring se gemengde netball span het baie goed gevaar in die toernooi en die dames en manne het dit vreeslik geniet om saam in ʼn span te speel. Met die finale aand van die toernooi was die senuwees gedaan en verower ons algeheel ʼn 3de plek.

Alhoewel JOOL al tydens R&O plaasgevind het, was vlotaankondiging eers baie later in MVG. Baie dankie aan almal wat opgedaag het vir die aankondiging. Vir Vlotbou is PAsop vir KARring algeheel 2de en vir die Agterste panel 4de. Ons verower algehele 2de plek vir die Vlot. Baie geluk aan Nisha (Kryt) en al die manne en dames se harde werk.

Karlien het 8 spanne ingeskryf vir Debat waarvan al die spanne uit eerstejaardames bestaan het. Oor die algemeen het al die dames baie goed gevaar maar Tier en Klaar word uitgesonder omdat hulle deur is na die semi-finale rondte.

SJGD-bustoere het ook in R&O plaasgevind en Karlien het algeheel eerste gekom en Michelle(Aery) wen Bustoere 2019. Blikkieskos-dag was ook baie suksesvol en ons sê dankie aan elkeen se bydrae. Ons het genoeg ingesamel om al die punte te verower met oorskry wat aan Patria geskenk is.

AKSA vaar besonders goed hierdie jaar en ons sê dankie aan al die dames wat tot dusver al die aksies in hulle rooimassas kom ondersteun het. Met Value your Environment Week en Wellness Week, het Karlien vreeslik uitgestaan en was ons die meeste. Tydens Wellness Week eindig Karlien 1ste met Slam Poetry, 1ste met Overall-Ladies en algeheel 1ste. Geluk aan Nadine(Nou), Karlien is dan eerste met Wellness Week 2019.