Eet jy tamatiesous oor jou soetpampoen of brood? Kan jy jou eie elmboog aflek? Staan jy sterk in jou waardes? Kan jy jou neus met jou tong raak? Is jy gelukkig sonder die inname van alkohol? Eet jy chips saam met roomys?
As jy positief op enige van die bogenoemde vrae geantwoord het, is jy nie heeltemal normaal nie. JY IS UNIEK!
Volgens die HAT beteken uniek: “waarvan daar nie ‘n tweede bestaan nie; enig in sy soort”
Niemand wat al gelewe het of nog lewe het jou kombinasie van talente, voorkoms, vriende, laste, hartseer en geleenthede nie. Niemand se vingerafdrukke is soos joune nie. Niemand se hare groei presies soos joune nie. Niemand het dieselfde ‘inside jokes’ en uitdrukkings as jy nie.
Min mense lag vir dieselfde dinge as jy en nies op dieselfde manier as jy. Nie almal bid oor dieselfde bekommernisse as jy nie. Niemand word liefgehê deur dieselfde kombinasie mense as jy nie. Nêrens
in al die geskiedenis gaan daar in iemand ander se kop, siel en gees aangaan wat in joune aangaan nie.
Niemand kan uitreik na mense op dieselfde manier as wat jy kan nie. Jou begrip vir ander en die wêreld kan nie deur iemand anders oorgedra word op presies dieselfde wyse as jy nie.
Jou vreugde, blydskap en glimlag kan deur niemand gekopieer word nie. Niemand kan die unieke impak op mense se lewens hê soos jy nie.
Geniet jou uniekheid. Jy hoef nie voor te gee om iemand anders te wees nie. Jy was nie bedoel of gemaak om soos iemand anders te wees nie. Jy hoef nie dele van jouself weg te steek om te probeer inpas nie. Om normaal te wees werk nie.
Daar sal ‘n gat in die mensdom wees as jy nie bestaan het nie; ‘n vermiste skakel in die plan vir die mensdom. Waardeer jou uniekheid. Dit is ‘n geskenk wat net aan jou gegee is. Geniet dit en deel dit met die mense rondom jou! Wees weird! Wees uniek! Jy is merkwaardig en ‘n wonderwerk!