SANDkoerant 4 | Page 18

Hoewel jy terug keer na jou ma se kospotte en jou pa se beursie, ‘n student bly maar ‘n student en jou finansies bly maar beroerd. Maar moenie kommer nie ons het ‘n paar DIY kergeskenke en vir ‘n student sake n ‘n paar pons idees vir wanneer jy rondom nuwe jaar bietjie na Potch verlang!

1. Polariod Photo Coasters

Soek jou mooiste foto’s van die jaar uit en laat dit uitprint in “polaroid”format. Krap in jou pa se garage vir dun stukkies scrap hout en sny dit in ewe groot vierkante. Decoupage die foto’s op jou vierkante. en so maklik soos val uit ‘n boom het jy een pakkie om onder die kersboom te sit.

2.‘n Handgemaakte materiaalsak

Vir die van ons wat bietjie meer begaafd is met ons hande kan jy ‘n sak vinnig, vinnig aanmekaar werk. Al wat jy nodig het is lap, naalde en garing. Sny die lap in die grootte wat jy die sak wil he, sny bande ook uit en werk alles aanmekaar vas. As jy rerig oulik wil wees kan jy self ‘n zip vaswerk.