-Matt
Aangesien die tyd nader staan om te begin kyk na ñ metgesel vir die Formal, is ons almal bietjie op ons senuwees oor die hele vra-proses. Alhoewel baie van ons onder die indruk is dat die kêrel eintlik die een is wat moeite met doen en uit die boks dink, dink ek ons dames kan ook maar begin om van ons kant af bietjie uit te haal en te wys. Dit hoef nie noodwendig jou kêrel te wees nie en dit hoef ook nie ñ arm en ñ been te kos nie. Ek gaan ñ paar wenke uitlig alhoewel dit geindividualiseer kan word aangesien elkeen verskil.
Jy kan ñ paar dames van jou koshuis of vriendekring, of selfs syne, bymekaar kry en ondermekaar reël dat hulle voor sy koshuis staan met elk ñ bladsy met ñ woord op of elkeen kan ñ sin sê en hom
laat erens iets merk of ñ klippie of ietsie kies met sy antwoord. Afhangende van hoeveel jy wil spandeer, is dit ook oulik om vir hom ñ paar Happy-socks te koop of selfs ñ das of strikdas en so te vra met ñ mooi kaartjie. Nog ñ opsie is dat julle byvoorbeeld iets gaan drink of eet en die briefie met die vraag in die rekeninghouertjie gesit word of die cliché dat dit in sy glas of bord gesit is of met sous geskryf word. Jy kan selfs dit op kampus skryf naby sy klas of koshuis as jy weet dat hy dit definitief gaan raaksien.
Hierdie is slegs wenke en julle kan elkeen dit buig en verander soos julle goed dink. Dalk inspireer hierdie wenke julle vir ander idees, maar wees kreatief en sterkte!
sandkoerant 16
sandkoerant 17