SANDkoerant 2 | Page 21

Hierdie jaar se trou-aksie was omtrent iets waaroor daar nog lank gepraat gaan word. Karlien en Veritas het besluit om nie net ‘n enkele aksie te hou nie, maar ‘n hele naweek daarvan te maak!

Vrydagaand is al die Karlien dames opgewonde en luidrugtig na Veritas toe, waar die manne hulself goed van hulle taak gekwyt het om elke gang volgens hulle spesifieke tema te versier. Die gange van Karlien het elk saam met ‘n spesifieke gang van Veritas hulle “pre-aksie” gehou. Dit is waar die pret behoorlik begin het! Daar was speletjies van “beerpong” en “flipcup” tot karaoke en dansvloere.

Nadat almal mekaar goed leer ken het en genoeg speletjies en drankies ingewerk het, is almal by die trappe af na Veritas se klubhuis waar die offisïele trouseremonie plaasgevind het. Hier is elke HK-lid met hulle sleep HK-lid getroud en het hulle vir mekaar geskenkies uitgedeel om die “deal te seal”.

Daarna is die feesvieringe weer aan die gang

Saterdagoggend het hierdie gesellige naweek weer afgeskop en is Karlien en Veritas na die Senwes krieketvelde waar Veritas vir Excelsior gepootjie het in die laaste paar minute van die spel, en op die ou end die krieketliga gewen het! Dit het natuurlik bygedra tot ‘n jolige atmosfeer. Daar was darem tyd vir ‘n vinnige middagslapie voor die wittebroodaksie Saterdagaand begin het.

Veritas het hier weereens uitgehaal en gewys met ‘n verhoog en klanksisteem en was daar vertonings van onder andere: Homebound, The Chandelier Kids en Courage Dear Heart.

Dit was ‘n wonderlike ervaring en beslis ‘n eerste op die PUK. Ons bedank dus vir Veritas vir ‘n avontuurgevulde naweek vol herinneringe en glo dat dit iets is wat nie een van ons twee koshuise sommer sal vergeet nie!

sandkoerant 19

sandkoerant 20

-Zippo