News from the Managing Director / Nuus vanaf ons Besturende Direkteur
1. San Lameer House Rules
The San Lameer House Rules is an important statutory document containing rules
that each owner/member has to comply with. The Board of Directors is empowered
in terms of the Memorandum of Incorporation to make House Rules, but the
Company, in general meeting, can itself also make any House Rules that the Board of
Directors can make.
Please take note that the Board of Directors has now decided to revise and amend
the House Rules to bring it in line with the demands and regulations of a modern-day
residential community as well as requirements and guidelines received from the
Community Schemes Ombud Service. The existing House Rules will be revised and
new regularity rules will be added to mostly ensure that the security and safety of
the Township and the San Lameer brand name will not be negatively impacted upon.
The revised House Rules will include, among others, rules related to the following:
Letting of villas (short term holiday letting and long term letting) by registered, legal
and approved agencies;
Ÿ Commercial, business and other activities from home and or inside the Township
in general;
Ÿ Installation of water tanks, generators and solar devices;
Ÿ Enhancement of security and access control;
Ÿ Architectural and building control;
Ÿ Intellectual property rights and marketing in the Township.
Your cooperation will be appreciated.
1. San Lameer Huisreëls
Die San Lameer Huisreëls is 'n belangrike statutêre dokument wat reëls bevat
waaraan elke eienaar / lid moet voldoen. Die Raad van Direkteure word ingevolge die
Akte van Oprigting bemagtig om Huisreëls op te stel, maar die Maatskappy self kan
ook tydens Algemene Vergaderings Huisreëls maak wat die Raad van Direkteure kan
maak.
Neem asseblief kennis dat die Raad van Direkteure nou besluit het om die Huisreëls
te hersien en te wysig om dit in ooreenstemming te bring met die eise en regulasies
van 'n moderne landgoedgemeenskap, sowel as die vereistes en riglyne wat ontvang
is van die Ombudsdiens vir Gemeenskapsskemas. Die bestaande huisreëls sal hersien
word en nuwe reguleringsreëls sal bygevoeg word om meestal te verseker dat die
sekuriteit en veiligheid van die Landgoed en die San Lameer-handelsnaam nie
negatief beïnvloed sal word nie.
Die hersiene Huisreëls sal onder andere reels, wat verband hou met die volgende,
insluit:
Ÿ Verhuur van huise (korttermyn-verhuur en langtermynverhuring) deur
geregistreerde, wettige en goedgekeurde agentskappe;
Ÿ Kommersiële, besigheids- en ander bedrywighede vanaf villas en op die
Landgoed in die algemeen;
Ÿ Installering van watertenks, kragopwekkers en sonkragtoestelle;
Ÿ Verbetering van sekuriteit- en toegangsbeheer;
Ÿ Argitektuur- en boubeheer;
Ÿ Intellektuele eiendomsreg en bemarking op die landgoed.
U samewerking sal waardeer word.
2. Application lodged with Ray Nkonyeni Local Municipality (RNM) regarding
amendments to the San Lameer Town Planning Scheme
San Lameer Master Homeowners Association (HOA) has submitted a three (3) fold
application to the RNM Department of Development Planning Services in that the
HOA applied for the increase in floor area at specified free-standing Lots from
325m² to 400m², the consideration of consolidation at certain Lots as well as
general Scheme amendments. This was subsequent to a Resolution tabled and passed
by Members at the Annual General Meeting held in December 2018.
In accordance with due process and protocol, the municipality requested clearance
letters in reference to outstanding debt for rates and other services from San Lameer
owners of properties upon which the application was being sought. This request was
made in terms of the relevant provisions of the applicable Planning and Land Use
Management Bylaw wherein it states:
By Law – Section 52(6) “the municipality may not consider or approve any Planning
Application if the applicant is liable for any debt due to the municipality until the
applicant has provided proof in writing that such debt has been paid in full”.
The HOA has obtained a legal opinion in this regard and the process to possibly
convince the RNM to change their decision is ongoing. Meanwhile, due to the cordial
and excellent relationship that the HOA shares with the municipality, the HOA and
municipality have elected to submit a general plea to San Lameer owners who are in
arrears to please settle all outstanding accounts with the Ray Nkonyeni Local
Municipality as a matter of urgency in an effort to allow the application, to amend
the San Lameer Town Planning Scheme, to be processed forthwith.
Please do not hesitate to contact the HOA if you have any questions.
Aansoek by Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit (RNM) ingedien rakende wysigings
aan die San Lameer- dorps beplanningskema
San Lameer Huiseienaarsvereniging (HEV) het 'n drie (3) voudige aansoek by die
RNM Departement van Ontwikkelings - beplanningsdienste ingedien deurdat die HEV
aansoek gedoen het in verband met die verhoging van die vloeroppervlakte by
spesifieke vrystaande villas van 325m² tot 400m², konsolideringsmoontlikhede by
sekere Lot'e sowel as algemene skema-wysigings. Dit het gevolg op 'n resolusie wat
tydens die Algemene Jaarvergadering in Desember 2018 aan lede voorgelê en
aanvaar is.
In ooreenstemming met die proses en protokol, het die munisipaliteit versoek dat
goedkeuringsbriewe met betrekking tot uitstaande skuld vir belasting en ander
dienste van San Lameer-eienaars van eiendomme , waarop die aansoek ingedien is,
voorgelê word. Hierdie versoek is ingedien ingevolge die toepaslike bepalings van die
Verordening vir Beplanning en Grondgebruikbestuur waarin dit staan:
Volgens wet - Artikel 52 (6) " die Munisipaliteit hoef geen beplanningsaansoeke te
oorweeg of goed te keur as die applikant aanspreeklik is vir enige skuld wat aan die
munisipaliteit verskuldig is totdat die applikant skriftelik bewys gelewer het dat
sodanige skuld ten volle vereffen is nie".
Die HEV het 'n regsmening in hierdie verband ingewin en die proses , om die RNM
moontlik te oortuig om hul besluit te verander, duur voort. Vanweë die hartlike en
uitstekende verhouding wat die HEV met die munisipaliteit deel, rig die HEV en
Munisipaliteit aan alle eienaars van San Lameer 'n versoek , vir die wat agterstallig is ,
om asseblief alle uitstaande rekeninge by die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit
so gou as moontlik te vereffen. Hierdie word as 'n dringende saak gesien in 'n poging
om toe te laat dat die aansoek, om die San Lameer Stadsbeplanningskema te wysig ,
onmiddellik geprosesseer word.
Moet asseblief nie huiwer om die H E V te kontak as u enige vrae het nie.
Pine Pienaar
Managing Director / Besturende Direkteur