San Lameer Newsflash/Nuusflits Oct/Nov 2017 | Seite 3

News from Management / Nuus vanaf Bestuur water tank: PROCEDURE FOR THE INSTALLATION OF WATER TANKS: The homeowner to send [email protected] the request to install a water pressure tank, in writing, together with the size and shape of tank to be installed. Ÿ Once we receive the email request, Mr Pine Pienaar together with Ben Roberts and the contractor of the owner's choice, will visit the property in order to establish the most suitable area for the water tank to be installed. Ÿ Thereafter we will send you a letter to confirm whether the request to install a water tank was approved. We will also send you guidelines, for example, whether you need to build a screen wall or add plants in order to 'hide' the tank. Ÿ Only once the letter of approval is received from the San Lameer Master Homeowners Association, may you proceed to have the tank installed. Ÿ Geagte Huiseienaars Ÿ Ÿ Ÿ Dit is met groot spyt dat ons u verwittig dat ons die afgelope tyd aan en af water probleme op die Landgoed ondervind en dat die reservoir weer gisteroggend leeg was en steeds is. Ons kan net weer opreg om verskoning vra vir die ongerief en herhaal dat ons ons bes doen om antwoorde van UGU te kry aangesien watervoorsiening nie iets is wat ons beheer nie. Daar is geen water in die reservoir of in die hoof- toevoerlyn wat van die watersuiveringswerke by Port Edward tot by ons reservoir en verder na Southbroom lei nie. Daarom is die probleem nie net op San Lameer nie, maar is tans 'n probleem op die hele Suidkus. Dit is as gevolg van UGU-werkers wat staak en die waterpype / -kleppe doelbewus verniel en ander arbeiders intimideer sodat hulle nie kan help om konstante watervoorsiening te verseker nie. Dit is algemene feite, maar UGU het dit nie direk aan ons bevestig nie. Ons kan verstaan dat daar 'n onrustigheid tussen ons huiseienaars is ten opsigte van hierdie situasie veral met die oog op die naderende Desemberseisoen. Vrae word ook tereg gevra wat die Raad en bestuur doen om sulke toekomstige voorvalle te vermy. Voorts deel ons en die Raad ook u kommer en wil ons u verseker dat ons deurlopend in kontak is met die munisipale bestuurder, Mnr DD Naidoo, asook die algemene bestuurder waterdienste van UGU, Me Lungile Cele. Hiermee terugvoering om u op hoogte te hou van die projek waaraan ons werk om 20 000 liter tenks op die Landgoed te laat installeer sodat San Lameer ten minste een of twee dae van noodwatervoorsiening in die hoogseisoen sal hê en drie of vier dae in die middel of lae seisoen Ÿ Hierdie tenks is reeds gekoop, afgelaai en beskikbaar; Ÿ Ons kan nie die tenks op enige plek aan die Ugu-hoofwatertoevoerlyn koppel nie aangesien die hooftoevoerpyp aan UGU behoort en deur hulle beheer en onderhou word vanaf die reservoir tot en met die bulkmeters by Lot 142. Daarom moet die tenks so naby moontlik aan Ÿ Ÿ 2 die reservoir en hooftoevoerlyn geplaas word en met UGU se toestemming opgekoppel word; ‘n Raadgewende ingenieur het reeds die beste posisie vir hierdie tenks geidentifiseer as die ou Ugu-terreinkantoor langs die reservoir op grond wat aan UGU behoort; Dit impliseer dat 'n servituut vir ons gebruik van die terreinkantoor en aansluitingspype geregistreer moet word en alhoewel omslagtig, is hierdie proses reeds 'n geruime tyd aan die gang sodat ons gebruik van die terrein gewettig en ons belange en eiendom (tenks) beskerm kan word deur middel van 'n ooreenkoms en geregistreerde servituut. Dit is egter te betwyfel of die servituuut voor Desember 2017 geregistreer sal wees, maar ons poog om toestemming by UGU te kry om die tenks alreeds te plaas en op te koppel sodra die Ugu-Raad toestemming verleen en die munisipale bestuurder die Raadsvergadering se notule geteken het; Die moontlikheid bestaan ook dat ons die hoeveelheid tenks kan vermeerder; UGU het reeds aangedui dat hulle die San Lameer versoek steun en ook sal poog om die gebruik van die ou terreinkantoor en servituut as aanhangsel tot die bestaande Bulkgebruikooreenkoms in te sluit. Dit sal 'n tydsbesparing vir implimentering verseker. Watertenk Installasies As ons die onlangse wateronderbrekings wat ons op die Landgoed ervaar het, wat ongelukkig heeltemal buite ons beheer was, in aanmerking neem, wil ons graag huiseienaars van die losstaande eenhede aanmoedig om watertenks op hul eiendom te installeer. As 'n deeltiteleenheid toegang het tot 'n droogwerf wat vir eksklusiewe gebruik is, sal die installering van 'n watertenk tot 'n maksimum van 800 liter oorweeg word. Let asseblief op die prosedure om te volg om 'n watertenk te installeer: PROSEDURE VIR DIE INSTALLERING VAN 'N WATERTENK: Die huiseienaar moet aan [email protected] die skriftelike versoek om 'n watertenk te installer stuur, tesame met die grootte en vorm van die tenk wat geïnstalleer moet word. Ÿ Sodra ons die e-posversoek ontvang het, sal Mnr Pine Pienaar saam met Ben Roberts en die kontrakteur van die eienaar se keuse die eiendom besoek om die mees geskikte area vir die installering van die watertenk vas te stel. Ÿ Daarna sal ons aan u 'n brief stuur om te bevestig of die versoek om 'n watertenk te installeer goedgekeur is. Ons sal u ook riglyne stuur, byvoorbeeld of u 'n skermmuur moet bou of plante moet byvoeg om die tenk weg te steek. Ÿ Eers sodra die goedkeuring vanaf die San Lameer Hoof- huiseienaarsvereniging ontvang is, mag u voortgaan om die tenk te laat installeer. Ÿ Ons bedank u vir u samewerking in hierdie verband.