San Lameer Newsflash/Nuusflits March/April 2017 | страница 7

Villa Rentals News continues / Nuus vervolg

akkommodasie en ontspanningoord is, maak voorsiening vir ons kliënte asook huiseienaars se behoeftes en verseker uitstekende en gerieflike diens.
Hieronder is die belangrikste van ons dienste wat ons aanbied wanneer jy jou villa by Villa Rentals lys:
As jou villa by Villa Rentals gelys is, inspekteer ons die villa voor aankoms om seker te maak alles is skoon en in werkende toestand. Ons inspekteer villas na gaste vertrek om seker te maak daar is geen skade of items wat gebreek het nie. Ons neem ' n deposito van die gaste om seker te maak dat jou villa gedek is in die geval van breekskade.
Met aankoms word gaste by die landgoed se ontvangs verwelkom. Elke gas se sleutel word in ' n koevert geplaas met die gas se besonderhede, villa nommer, noodnommers, vertrektye en enige besonderhede wat hul mag benodig- die sleutelhouers is duidelik gemerk met Villa Rentals se handelsmerk. Ook ingesluit in die koevert is ' n kaart van San Lameer wat vir die gaste aandui waar hul eenheid geleë is en sleutels met ' n geaktiveerde toegangskyfie, asook enige spesiale aanbiedinge wat ons op daardie spesifieke tydperk aanbied. Eerste indrukke tel.
Ons het ' n nutsman en besprekingskonsultant op bystand 24 / 7. Ons het bystand villas beskikbaar. Hierdie villas roteer sodat ons onmiddelik ' n " inloop " kliënt wat by San Lameer Villa Rentals wil bespreek, kan help. Betaling deur die kliënt moet ten volle ontvang word voor ons die sleutels oorhandig. Ons inspekteer een maal per maand al die villas om seker te maak dat die villas nie enige skade het nie. Ons het ' n kwaliteitsbeheerspan wat die villas inspekteer om seker te maak dat dit onderhou word en op standaard is.
Sommige huiseienaars maak selde privaat van hul villas gebruik, so die inspeksies verseker dat jy gereeld terugvoering op die toestand van jou villa ontvang. Ons gebruik net geregistreerde kontrakteurs van die landgoed wat betroubaar en gekwalifiseerd is. Ons vra kwotasies namens jou aan, ons reël vir die aflewering van meubels na jou villa, maak seker goedere word betyds afgelewer en volg op met herstelwerk wat gedoen is. So verseker Villa Rentals dat jou villa op standaard is. Hierdie kontrakteurs is 24 / 7 op bystand vir ons om te verseker dat enige probleme so gou as moontlik uitgesorteer word.
Ons het ' n uitstekende bespreking sagteware program wat ' n skakel vorm tussen Villa Rentals, die landgoedontvangs en ook Lamain skoonmaakdienste. Sodoende het alle afdelings ten alle tye die nodige inligting met betrekking tot die villas tot hul beskikking.
Alle Villa Rentals besprekings word deur Fidelity Sekuriteit en Lamain skoonmaakdienste, wat elke dag ' n daaglikse skoonmaakdiens doen, gemonitor. Hulle rapporteer villas wat oorvol is en help ons om die villas te monitor sodat ons volle beheer met betrekking tot die kwaliteit van die villa het. Ons is baie streng met ' n vertrektyd van 10vm en maak seker dat al die sleutels aan die landgoedontvangs terug geteken word. Villa Rentals se kantoor is 7 dae per week oop.
Ons begroting vir bemarking is baie ruim en ons adverteer op alle mediums- TV, radio, verspreiding van brosjures by tolpaaie, gedrukte media, sosiale media, ons San Lameer aansoek, e-pos nuusbrief- databasis van 7500, google aanlyn AdWords baniere, word aanlyn gelys, gholf groep webwerwe, uitstallings, prys geskenkbewyse en reis vennootskap agentskappe.
Ons bespreking stelsel is gekoppel aan ons webwerf wat dit moontlik maak vir aanlynbesprekings. Ons is regdeur die jaar pro-aktief. Wanneer ons sien dat die besprekings ' n hupstoot nodig het, kommunikeer ons met die huiseienaars en vra vir ' n spesiale tarief oor ' n spesifieke tydperk. Huiseienaars het die keuse of hulle van hierdie inisiatiewe wil deel wees of nie.
Koste Uiteensetting
Ÿ 15 % kommissie op die daaglikse tarief- sien asseblief die tariefkaart op ons webwerf- http:// www. sanlameer. co. za / self-catering-villas
Ÿ Lamain skoonmaakdienste bied ' n Aankoms / Vertrek skoonmaakdiens met ' n verwelkomingspakket( koffie, tee, suiker, koekies, toiletrolle by aankoms)
Ÿ Lamain skoonmaakdienste voorsien ook ' n daaglikse skoonmaakdiens
Ÿ Inventaris kontrole fooi
Ÿ Fooi vir die gebruik van geriewe- R30 per dag per villa
En dit is nie al nie. Indien jy van alle voordele in kennis gestel wil word, moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie.
Ons pragtige landgoed het alles te bied vir ' n ontspannende, boeiende, waarde vir geld en avontuurlustige wegbreek.
Ek sien daarna uit om van jou te hoor.

Marieta Badenhorst Villa Rentals Manager / Bestuurder