CLUB NEWS CONTINUES / KLUB NUUS VERVOLG
Indien jy belangstel om in die span te speel, stuur vir my ' n e-pos na: meyer @ sanlameer. co. za
Proshop Geskenkbewyse en vervaldatums Neem asseblief kennis dat ons ouditeure versoek het dat alle geskenkbewyse binne 12 maande vanaf die datum van uitreiking geëis word. Indien jy enige geskenkbewyse besit wat reeds verstryk het, sal ons meer as gelukkig wees om steeds vervalde geskenkbewyse tot 30 September 2017 te aanvaar, maar ongelukkig daarna sal dit op ' n streng 12 maande basis geldig wees, vanaf die datum van uitreiking. Ons bedank jou vir jou begrip in hierdie verband.
Besige maand van Mei Neem asseblief kennis dat Mei 2017 ' n besonderse besige maand by die Buiteklub is en daarom wil ons dit vroegtydig onder almal se aandag bring indien jy beplan om San Lameer te besoek.
Ons bied die volgende toernooie aan: |
Ÿ |
Bargain Wholesalers |
9 Mei 2017 |
Ÿ |
Tee for Two |
11- 13 Mei 2017 |
Ÿ |
SA Country Districts |
14- 19 Mei 2017 |
Ÿ |
Data Centrix |
20 Mei 2017 |
Ÿ |
Wild Coast Challenge |
22 Mei 2017 |
Ÿ |
Rhino Cash & Carry |
25 Mei 2017 |
Ons vra verskoning virenige ongerief wat bogenoemde veroorsaak indien jy reeds jou reis na San Lameer beplan het, maar vertrou dat jy die belangrikheid van hierdie toernooie en korporatiewe dae by San Lameer sal insien. Soos hierbo genoem, sal ons van 11- 20 Mei gesluit wees, so ek sal dieselfde tariewe met ons naburige gholfbane reël. Stuur vir my jou datum, gholfbaan en tyd van voorkeur per epos, sodat ek dit vir jou kan bespreek. Ons is geseënd om die Wildekus, Southbroom, Margate en Port Shepstone te hê om van te kies, so moet asseblief nie huiwer om my te kontak om vir jou alternatiewe besprekings te maak nie.
Gholfbaan nuus Die baan is in ' n uitstekende toestand en die laaste bietjie reën wat ons gehad het, het aan die baan wondere verrig. Hierdie week gaan ons voort om vir uitheemse grasse op alle skoonvelde te spuit, om te verhoed dat die baan geel word. Die setperke is steeds besig om in digtheid en gladheid te verbeter.
Meyer du Toit Golf Director / Gholf Direkteur
San Lameer Golf Estate rated as one of the best Stay & Play Venues in South Africa by Golf Digest