SABI Training
Besproeiingsopleiding by die
Wes-Kaapse Landbouskole
deur Annemarie van der Westhuizen
Boland Landbouskool top drie leerders saam met Alex
Andjelkovic (Wilo), Kobus Nell (Wilo),
Liam van Wyk, Daneel Barnardo, Gabriël Breytenbach,
Annemarie van der Westhuizen (SABI) en Johan Palm
(Landboutegnologie-onderwyser)
Prakties by Boland Landbouskool
Pieter van der Merwe, Francois Bruwer,
Daneel Barnardo,
Annemarie van der Westhuizen
Fanus Fourie (Landboutegnologie-onderwyser van
Oakdale Landbouskool) Annemarie van der Westhuizen
(SABI) Kobus Nell (Wilo), saam met Oakdale
Landbouskool top drie leerders Franco Van Der Mescht,
Johann Van Der Watt, Willem Du Toit en
Herman Strydom (Wilo), Alex Andjelkovic (Wilo)
Die program dek die basiese beginsels van verskillende
besproeiingstoerusting soos pype en toebehore, emitters,
krane, pompe, en motors en besproeiingskedulering en stelselevaluasie. Die materiaal word aangebied in die vorm van lesings
en praktiese oefeninge met die doel om die leerders bewus te
maak van die besproeiingsbedryf en doeltreffende watergebruik.
Oakdale Landbouskool Graad 11 Landboutegnologie leerders
wat die SABI besproeiingskursus bygewoon het.
In Brief
SABI has since 2011 presented an irrigation course at Oakdale
Agricultural School in Riversdale in the Western Cape as part
of the Grade 11 Agricultural Technology subject. In 2014 the
course was expanded to Boland Agricultural School in Paarl and
this year SABI also started presenting the course to the Augsburg
Landbougimnasium in Clanwilliam During this year there were a
total of 113 learners from the three schools on the course. SABI
Company members also present lectures to the learners on the
course, this year Willem Smit from Netafim, Alex Andjelkovic from
Wilo en Jaco Nel from Lindsay Africa shared their knowledge.
From 2014, the expansion of the course to the three schools has
been funded by the Western Cape Department of Agriculture.
The schools’ programme includes basic foundations on various
irrigation technologies like pipes, emitters, valves, pumps and
motors as well as irrigation scheduling and system evaluation
topics. The material is presented as lectures with practical
exercises too. The goal is to make learners aware of the irrigation
industry and the importance of optimal and efficient water use.
Sedert 2011 bied SABI ‘n jaarlikse besproeiingskursus aan by
Oakdale Landbouskool op Riversdal as deel van die graad 11
Landboutegnologie vak. Dit was na aanleiding van ‘n initiatief
wat deur Fanus Fourie, die Landboutegnologie onderwyser van
Oakdale, en Spilhaus Besproeiing van Swellendam begin is. Die
kursus is sedert 2014 uitgebrei na Boland Landbouskool in Paarl
en sedert 2015 na Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam.
Hierdie jaar was daar ‘n totaal van 113 leerders tussen die drie
skole op die kursus.
Sedert 2014 word die uitbreiding van die opleiding na al
drie skole befonds deur die Wes-Kaapse Departement van
Landbou. Deel van die aanbieding van die kursus word deur
SABI maatskappylede gedoen om die leerders bloot te stel aan
die verskillende maatskappye en komponente wat deur hulle
verskaf word. Hierdie jaar was Willem Smit van Netafim, Alex
Andjelkovic van Wilo en Jaco Nel van Lindsay Africa die sprekers
wat by die drie skole gepraat het.
Ter motivering word daar drie top studente by elke skool
aangewys wat meeding om verskeie geborgde pryse. Aangesien
ons hierdie jaar vir die eerste keer die kursus by al drie skole
aanbied, het ons ook besluit om ‘n topleerling aan te wys tussen
al die skole. Die topleerling kry ‘n wisseltrofee geskenk deur Wilo
en ‘n kontantprys.
DANKIE
SABI bedank al sy lede vir hulle bydraes en om ook die
belangstelling in die besproeiingsbedryf aan te wakker by môre
se potensiële werknemers.
Indien u meer inligting oor die kursusse verlang, stuur gerus ‘n
epos aan [email protected] of skakel die SABI