Gryswater
Ons oes reënwater langs ons afdak
Maar mens kan nog altyd soos CP-hulle reënwater oes: hy het emmers oor die ry gaatjies
in sy afdak gesit. Dit het so mildelik gereën dat hy selfs ‘n tweede keer ‘n ry emmers kon
volmaak. Sy beker van vreugde loop oor!
Ons bly in Fleur La Grandé, maar tussen 60 jr en 90 jar oud, is ons in die fleur van die
ouderdom en nie te grênd om emmers te gebruik nie. Want in ons kompleks gebruik ons
die emmer-stelsel om ons tuine te red.
Sonkrag-geyser
Ons het ons sonkrag-geyser ‘n paar maande nadat ons verhuis het, laat installeer; ‘n
besparing van R300 per maand aan elektrisiteit vir twee gesinslede. Ons het al die
beramings en berekenings gedoen, maar ons huis se onderskeie dakoppervlaktes is te
klein om ‘n reënwateropgaartenk te regverdig.
CP oes rëenwater onder gaatjies
in afdak
Almal wat reeds sulke krag- en waterbesparende planne toepas, is dit eens dat hulle
daarmee sal volhou al is die waterbeperkings opgehef. Ons voel ook dat alle nuwe
geboue ingerig moet word om gryswater te herwin en ten minste sonkrag-geysers
moet gebruik.