Gryswater
Ons lang smal beddings se kans op
oorlewing op ‘n hoekerf aan die noordwestekant van die kompleks, is baie
minder as Mike en Jeanette Viviers se
beskutte en kompakte 72m2 tuin. Hulle
gebruik ook hoofsaaklik wasgoedwater in
die beddings. Die grasperkie self kry baie
minder water, maar dit oorleef so pragtig
danksy die water wat dit van die beddings
af binnedring.
Gryswater is voldoende vir CP-hulle se rose
danksy dennenaalde-deklaag
word. Wanneer die plantmateriaal in die
oorvol houer gekerf is, breek dit baie
vinniger af tot kompos.
Ons het twee sulke komposhouers; sodra
die een vol is, word hy gelaat om ryp te
word. Al die vars kombuis en tuinafval
word dan in die tweede houer gegooi
saam met ‘n klompie van die ryp kompos.
Die bure, Tannie Lettie Scriven; CP en Alta
Brand; en Mike en Jeanette Viviers dra
ook hulle kombuis- en tuinafval by tot die
kompos. Ons het lankal ‘n komposkerwer
gekoop en die tuinhulp, Petrus Ntseno, kerf
die nuwe vars kompos wanneer nodig. Hy
draai ook gereeld die kompos. My man,
Pieter, is in beheer van die komposmakery.
Hy sorg dat die ou en nuwe kompos
gereeld komposaktiveerder kry en klam
gehou word. Vir ‘n organiese tuinier word
die versamel van plantmateriaal en maak
van kompos of “swartgoud” tweede natuur.
Besmette plante of onkruid met sade word
geensins in die plante-hemel toegelaat.
Tannie Lettie se rosie met dennenaalde-deklaag
met nuwe blare en knoppies.
‘n Organiese deklaag op die grond om
ons plante sou beslis daartoe bygedra het
dat die plante se wortels koeler en die vog
beter behoue bly. Die bure het met groot
vrug ‘n dik laag dennenaalde op die grond
om hulle rose gesit. Hulle rose toon die
tipiese Januarie-hergroei ten spyte van die
versengende hitte.
Ons het ook ons komposhouers en sakke
vol tuisgemaakte kompos van ons ou
huis af saamgebring en mildelik gestrooi.
Allerhande soorte pampoene en tamaties
kom nog steeds orals in die tuin op. So
ook opslag Jakobregoppe (Zinnias). Die
tuin-bure dra ook nou hulle kombuis- en
tuinafval by tot die komposhoop en ons
aparte vullishouers vir glas, blik, plasties
en papier.
Tamaties en malvas met kompos-deklaag
Die tamaties en malvas het weer ‘n lekker
dik vars laag kompos gekry om hulle
wortels langer koel en klam te hou en om
die straling / terugkaatsing van hitte van die
kaal stukke grond tussen-in te verminder.
Kompos word ni ingespit nie, die die
erdwurms se werk. Dis net die malvas en
Pennywort (Gotu-Kola / Centella Asiatica),
‘n grondbedekkende krui, wat in hierdie
bedding geplant is.
Die spanspek (links agter) en die vier (of
meer) soorte tamaties het self opgekom.
Nuuskierig om te sien wat hierdie nuwe
laag kompos gaan oplewer in my “leef en
laat leef” styl van tuinmaak. “Wat jy saai,
sal jy maai”, bring baie verrassings as dit
by kompos-tuinmaak se gelukspakkie kom.
20
SABI | FEBRUARY/MARCH 2016
Ek wil nog ‘n plannetjie deel wat ek
eintlik by my boervrou-sus Alna gekry het;
sy ontkiem haar saailinge in ‘n klomp
toiletpapierrolletjies styf teen mekaar gepak
in ‘n houtkissie of so iets. Dit word dikwels
in die kombuis gedoen. Wanneer hulle
groot genoeg is, word hulle afgehard deur
hulle langer in die son te sit en wanneer
groot genoeg en die seisoen meer geskik
is, plant sy dit met toiletrolletjie en al in die
grond sonder om die worteltjies te versteur.
Ek wou baie graag sonneblomme al om die
tuin se grense plant. Ek het sonnebloemsaad
(Syngenta 3970 CL) by my broer gekry. Ek
het ‘n klein kolletjie losgemaak, die saad
op die regte diepte geplant en onmiddellik
die toiletrolletjie om die saadjie so halflyf
in die grond ingedruk en toe die grond
binne-in die rolletjie en buite om stewig
vasgedruk. Die eerste twee weke het ek
elke rolletjie binne-in en buite-om versigtig
met die gieter natgemaak, voordat ek
die tamatie- en kruiebeddings ruimskoots
met die emmers water natgegooi het. Die
toiletpapierrolletjies het verseker dat ek
elke pit / plantjie natgooi, maar dit darem
nie laat oop- of wegspoel nie.
Sonneblomplantjie in toiletrolletjie
Ten spyte van hierdie presiesheid, het
daar plek-plek twee sade in een rolletjie
opgekom, of heeltemal langs die rolletjie
en party baie ver van enige rolletjie – seker
uitgespoel. Ek het 40 rolletjies geplant en
het darem meer as 30 sonneblomme aan
die groei, maar soos alles in die tuin, is
hulle is slap verlep as die periode tussen
watergee langer as 36 uur is.
CP en Petrus Ntsemo gesels kopstukke
Op die agtergrond kan die komposhouer
met ryp kompos (heel regs) en die oorvol
komposhouer met vars kompos gesien
Geel erfenis-tamaties, pampoen en kersie tamaties,
alles opslag.
Die malva “dra” letterlik die spanspek