RHS Gedragskode 2019 Gedragkode 2019 | Page 3

3 1.9. 1.10 Tensy dit uit die samehang anders blyk, het woorde hierin die volgende betekenisse: “Afrigter” - Enige persoon wat by die skool spanne/groepe afrig en so ook ‘n dissiplinêre rol vul. "Beheerliggaam" - Die beheerliggaam van die Hoërskool Rustenburg, behoorlik saamgestel kragtens die Skolewet. "Departement" - Die Provinsiale Departement van Onderwys van die Noordwes Provinsie. “Dissiplinêre Beampte” - Die persoon wat deur die beheerliggaam in oorleg met die hoof aangestel word om op te tree as toesighouer in die toepassing van hierdie gedragskode en as aanklaer tydens dissiplinêre verhore. "Hoof" - Die hoof of sy gedelegeerde vir 'n spesifieke doel. "Onderwyser" - Enige opvoeder wat by die skool onderrig of wat in ʼn dissiplinêre hoedanigheid aangestel is. "Ouer" - Enige van die volgende persone: (i) die biologiese of aanneemouers of die wettige voog van ʼn leerder; (ii) ʼn persoon wat regtens geregtig is daarop om bewaring van ʼn leerder te neem; of (iii) 'n persoon wat volgens voorskrifte onderneem om die verpligtinge van 'n persoon in (i) of (ii) vermeld na te kom met verwysing na die onderrig van 'n leerder. “Personeellid” - ʼn Persoon wat in diens van die skool is. "Leerder" - Enige leerder volgens voorskrifte toegelaat en ingeskryf by die skool, manlik en vroulik. "Skool" - Hoërskool Rustenburg "Skoolaktiwiteite" - Enige amptelike opvoedkundige, kulturele, sosiale of sportaktiwiteite by die skool of wat in verband staan met die skool. "Skoolterrein" Die hele grondgebied waarop die skool se geboue voorkom, wat die koshuisterreine en sportvelde insluit. - Die relevante bepalings van die Grondwet, Skolewet en Regulasies met betrekking tot die dissiplinêre prosedures in verband met die wangedrag van leerders geld in alle gevalle waarin hierdie gedragskode nie pertinente voorskrifte ten aansien van 'n bepaalde feitlike situasie bevat nie. Gedragskode RHS 2019