RHS Gedragskode 2019 Gedragkode 2019 | Page 2

2 AFDELING A 1. INLEIDING 1.1. Hierdie gedragskode is opgestel deur die beheerliggaam na oorleg met die ouers/voogde, leerders en opvoeders van die skool met inagneming van die spesifieke bepalings van die Grondwet, Skolewet en Regulasies met betrekking tot dissiplinêre prosedures in verband met wangedrag van leerders. 1.2. Enige dispuut rakende die interpretasie van hierdie gedragskode sal finaal besleg word by wyse van 'n beslissing van die beheerliggaam. 1.3. Elke leerder van die skool is gebonde aan hierdie gedragskode. Leerders en hul ouers/voogde moet hulle vergewis van die inhoud van die gedragskode en moet hulle verpligtinge ingevolge daarvan nakom. 1.4. Hierdie gedragskode geld: 1.4.1. binne die skool, op die hele skoolterrein, waarby die koshuisterreine ingesluit is; 1.4.2. buite die skoolterrein met betrekking tot alle skoolaktiwiteite waarby leerders betrokke is, met die insluiting van reis na en van die skoolaktiwiteit en wanneer 'n leerder in skool- of sportdrag geklee is, wat hom of haar as leerder van die skool identifiseer; 1.4.3. buite die skoolterrein, indien die leerder in skooldrag of in gewonedrag geklee is en as leerder van die skool geïdentifiseer kan word, indien die leerder ʼn oortreding van die gedragskode of landswet begaan wat die beeld van die skool skade berokken; en 1.4.4. in die kuberruimte enige oortreding van die gedragskode, asook enige gedrag wat die beeld van die skool of departement potensieel of werklik skaad of ʼn verleentheid veroorsaak. 1.5. Leerders sal hulle te alle tye as goeie ambassadeurs van die skool gedra. 1.6. Leerders is verplig om die hoof en personeel te ondersteun in die handhawing van goeie orde en 'n omgewing handhaaf waarin die leer- en opvoedingsproses ongehinderd kan plaasvind. 1.7. 'n Onderwyser van die skool beskik oor dieselfde bevoegdhede as 'n ouer wat betref die beheer en dissipline van 'n leerder ingevolge hierdie gedragskode. 1.8. In geval van 'n redelike vermoede dat 'n leerder hom aan 'n oortreding van hierdie gedragskode skuldig gemaak het, het die hoof en elke onderwyser die bevoegdheid om die persoon van die leerder of die eiendom, in sy besit vir enige gevaarlike voorwerp, dwelmmiddels, sterk drank, gesteelde goedere, pornografiese materiaal of eiendom wat kan dien as bewys van die oortreding van die gedragskode, te deursoek. Sodanige deursoeking vind privaat plaas deur 'n persoon van dieselfde geslag, in die teenwoordigheid van nog ʼn personeellid en/of ʼn leerder. Gedragskode RHS 2019