rft nuus Augustus 2014 August 2014 | Page 8

7 ways to PRAISE Elkeen van ons aanbid die Here op verskillende maniere. Joh. 4:23 sê vir ons: “Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.” Aanbidding is nie net iets wat op Sondae of Woensdae in die kerk gebeur nie. Nee! DIT IS ‘N LEEFSTYL!! Dit is ook baie meer as net om liedjies te sing. Dit gaan oor daardie intieme verhouding tussen jou en God en die uitdrukking van daardie verhouding is jou Aanbidding. Deur die Bybel vind ons daar word na 7 verskillende maniere van aanbidding verwys. Dit kom ook meestal in die Psalms voor. Elke keer wanneer die woord “praise” in die Psalms gebruik word, is een van die volgende 7 uitdrukkings ter sprake: 1. Todah 2. Yadah 3. Barouch 4. Shabach 5. Zamar 6. Halal 7. Tehillah “To offer confession and thanksgiving to God.” Todah is om jou hand op te steek in ooreen-stemming. Dit word ook geassosieer met ‘n dankoffer. Ons lees baie hiervan in die Psalms wanneer die salmdigters verwys na dankoffers wat gebring word. Psalm 50:14 “Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Here.” Die Message sê dit natuurlik vir my die heel mooiste. Hy stel dit so: “Spread for me a banquet of praise, serve High God with a feast of kept promises.” Jona verwys ook na Todah as hy sê in Jona 2:9 “Ek daarenteen sal aan U offer met ‘n stem van lof, wat ek beloof het sal ek betaal. Die Heil behoort aan die Here.” “To throw out the hand or the extended hand.” Yadah beteken om die Here met uitgestrekte hande te aanbid. Dit is soos wanneer jou klein kindjie voor jou staan en met uitgestrekte arms smeek dat jy hom of haar moet optel. So kan jy ook met uitgestrekte arms voor God staan en smeek dat Hy jou moet optel, dat jy vir ‘n oomblik op Sy skoot kan sit en Hom vertel hoe lief jy Hom het. Psalm 63:5 “So sal ek U prys my hele lewe lank, in U Naam my hande ophef.” Message: “My arms wave like banners.” “To kneel with a quiet voice” Barouch is om voor God te kniel om laag voor Hom te buig as ‘n teken van respek en “adoration”. Dis om jouself te verneder tot op ‘n plek waar jy laer is as die een wie jy aanbid. Psalms 95:6 “Kom laat ons aanbid en neerbuk, laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.” Job verloor alles wat hy het en wat vir hom belangrik was en tog