WAAG DIT!
As jy jouself met een woord moes beskryf, hoe sou jy dit doen?
Beeldskoon, asemrowend, skaam? God - al is Sy talle eienskappe is
onmeetlik en ondeurgrondelik - beskryf Hy homself so:
“God Is Liefde”.
Liefde is in Hom en vloei voortdurend uit Hom uit.
Die manier wat God ons lief het is so onbeperk en rein en ons kan
baie daaruit leer. Is ons lief vir ons medemens al maak hulle ons
seer en ons voel Minderwaardig en alleen? Die Bybel praat van die
Liefde as 'n verbond, 'n gebod. So belangrike deel van ons lewe
waarna baie mense smag. Iets Wat soms vertrap word of net
oorsien word.
'n Vrou is baie spesiaal vir God, elke ding wat sy doen word
raakgesien. Elke onselfsugtige daad wat vir haar maar lyk na niks,
bring vir God vreugde. Die liefde wat n vrou gee is sag en vra nie
vir belonging nie, dit is sonder perke. Hoeveel
te meer God se liefde vir ons.?
1 Johannes 4:8 –
Wie nie liefde het nie, het geen kennis
van God nie, Want God is liefde.