BARMHARTIGHEID
Ek groet julle in die wonderlike naam van Jesus.
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om vir julle bietjie
terugvoering gee aangaande ons barmhartigheidsprojek.
Ek wil begin om een en elk van julle te bedank wat ‘n bydrae gelewer
het tot die versorging van ons boeties en sussies wat in nood
verkeer. Dit maak nie saak hoe groot of klein die skenkings was, ek
waardeer dit opreg. Ek bid dat God dit op een en elk van ons se harte
sal lê om meer te gee want die nood raak elke dag groter.
Op hierdie stadium is daar 12 gesinne in ons kerk aan wie ons hulp
verleen. Vier van die gesinne het geen inkomste nie en is total
afhanklik van die hulp wat ons aan hulle verleen. Daar is kindertjies
betrokke en soos julle weet verstaan ‘n kind nie van swaar tye nie, as
hulle honger is wil hulle iets hê om te eet. Enige skenking word opreg
waardeer, bv. toiletware, klere en kontant wat dan aangewend sal
word vir die aankoop van kruideniers ware.
Ek doen ‘n ernstige beroep om asb. mildelik te saai vir hierdie
hartseer saak. Onthou God se belofte:
“WIE SPAARSAAM SAAI SAL SPAARSAAM MAAI MAAR
HY WAT MILDELIK SAAI SAL MILDELIK MAAI”.
Indien daar iemand is wat julle van weet wat hulp nodig het, laat
weet my asb. sodat ek daar kan uitkom en probeer help.
Ons wag vir verskeie groot ketting winkels om die beloofde
skenkings na te kom en julle moet asb. saam met ons bid dat dit
binnekort gaan realiseer. By voorbaat dankie vir julle skenkings wat
ek weet gaan instroom en my gebed is dat God julle uit julle skoene
uit sal bless omdat julle so great klomp mensies is wat nog empatie
vir julle naaste het.
Jesus groete en liefde.
Mack