Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 53

1 Die yskas kom eerste. 2 Dewald slaan sy oë op na die berge oor die bosbulletjies se vele behoeftes. 3 Soek eerder ʼn tweedehandse voertuig met ekstras. broekskeurende 4.5 tot 7 kilometer per liter. ’n Uitgemaakte saak? Nie sommer nie. Die algemene indruk is dat jou petrolbakkie elke 10 000 kilometer versien word. En die versiening is goedkoper. Daarenteen word die diesel, indien hy meer as 100 000 kilometer op die klok het, elke 5000 km versien. En hou vir hou is dit duurder. Maar dit is ook nie heeltemal waar nie. Izaac de Villiers, Bettiesbaai se geliefde en betroubare werktuigkundige, laat weet, “Met die nuwe smeermiddels en olie-filters wat deesdae beskikbaar is, kan jy selfs die ouer diesels elke 10 000 versien. “Die groot probleem met diesels is hulle breek duurder en is nie altyd suksesvol oordoenbaar nie.” Izaac vertel egter van vele 3-liter diesels wat hy gereeld versien. “Van hulle het hier tussen 300 000 en 500 000 km op die klok. My swaer s’n trek al oor die 700 000.” Diesel se ander voordeel is beskikbaar­ heid. Ry jy, Mamma en die kroos met die TD Tanzanië toe, gaan jy omtrent orals brandstof kry. Met petrol is dit nié die geval nie. En omdat jou TD ligter op brandstof is, hoef jy nie so ernstig te beplan oor waar jou volgende brandstofpunt is nie. Aan die anderkant: tesame met diesel se groter beskikbaarheid, kom ook die groter teenwoordigheid van rampokke rs. Reeds vuil diesel word gereeld verder afgewater. Ons het by geleentheid in Lusaka diesel in glas melkbottels gekoop. En die waterafskeidingstoestelle (water traps) moes hul kant bring. Indien jou voertuig lae-swaeldiesel gebruik, moet jy vooraf beplan, of bereid wees om diesel-filters langs die pad te vervang. Iemand skryf of die sosiale media: Met petrol ry asof jy die brandstof gesteel het. Met diesel asof jy dit gekoop het. Wat die persoon bedoel is: Met ’n petrolaangedrewe voertuig kan jy jaag soos jy wil (jy het mos nie vir die brandstof betaal nie) en die enjin kan dit vat. In die geval van die dieselenjin ry eerder gematig, want dit is ’n werkesel, nie ’n resieskar nie. En indien jy hom hard ry, gaan jy swaar betaal aan instandhouding. Met petrol ry asof jy die brandstof gesteel het. Met diesel asof jy dit gekoop het. Uiteindelik is die keuse joune. Petrolenjins loop voor met hul relatiewe eenvoud en gelyker kraglewering. Daarenteen gebruik dieselenjins minder brandstof en verskaf meer wringkrag vir wanneer jy uiteindelik daardie luukse boswa aanhaak. Desnieteenstaande die vele uitdagings, sodra jy egter daardie eerste koue Kili uit jou yskas teen die hange van die Ngorongoro-krater haal en die son sak in die weste, bly jou eie bakkie die beste. Selfs Mamma tuur na haar wildtemmer met melkerige oë. 3 Plaastoe! July 2017 51