Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 52

2 1 die water te loop op soek na diep gate en versuipte boomstompe, maar op die oorkantse oewer lê krokodille vir jou lippelek en loer. Dewald Coetzer se kop-GPS lei hom miskien op ’n dwaalspoor wanneer hy glo hy is Winelands 4x4 Outdoor Centre se baas (vroulief Christine slaan die kitaar), maar wanneer dit by voertuigkeuse kom, sing hy nie vals nie. “Bepaal eerstens hoe jou begroting lyk,” is Dewald se openingsredenasie. Dalk het jy ’n ietsie geërf? Straks kan jy ’n klompie van daardie Naspersaandele wat jy jare gelede teen R18 per eenheid gekoop het nou teen R2800 swaai? Jy skrop R200 000 bymekaar. En jy kan die spandabelrigheid regverdig. Elke tweede naweek gaan jy jou sellulêr-behepte kroos wegruk van hul selfone en IPads en vir hulle die wêreld wys. Jy gaan dinge vir Mamma vyfster inrig. Tot die mikrogolfoond en haardroër (indien die tweede battery en invertor dit kan vat). Om nie te praat van Boetie wat oor die onderdeur begin loer met sy oog op die verkeerde bal nie. Niks soos pa-en-seunnaweke om die mannetjie se koors te tem en hom eerder met sy wiskundehandboek te laat lepellê nie. Dewald: “Nou moet jy besluit of jy ’n bakkiekamper, of ’n stasiewakamper is.” Volgens Dewald is ’n bakkiekamper een wat sy bakkie inrig met dakrakke vir jerriekanne, gasbottels en ’n daktent. 50 Plaastoe! July 2017 Laaistelsels en jou biernodige yskas agterin. Die probleem met hierdie benadering is eenvoudig. Wanneer jy die familie laatmiddag met ’n wildkykrit langs die Nossob-rivier wil trakteer, moet jy omtrent die hele kamp afslaan. Kom julle kort voor donker terug in Twee Rivieren aan moet alles weer opgeslaan word. Na die derde dag wil Mamma, Sus en Daan huis toe gaan. Gatvol gekamp. Die stasiewakamper sleep ’n boswa, slaan kamp op en die voertuig is los en altyd beskikbaar. Jy kan selfs jou yskas binne-in die voertuig hê vir daardie goue koue wanneer vuilbaard se vrouens teen sononder ’n koedoekoei looi. En jy het meer as ses sitplekke beskikbaar vir wanneer Boetie sy koors saamnooi. “Nou moet jy besluit of jy ’n bakkiekamper, of ’n stasiewakamper is.” Indien jou begroting nie ’n verdere R50 000 tot R200 000 vir die boswa insluit nie, is jy ’n bakkiekamper. Dewald: “Nou moet jy ’n voertuig soek wat tot redelike ’n mate ingerig is.” Vergeet eers van die bosbuffers, spaar- wielswaaiarms en ’n wenas. Net jou ego gaan dié uitspattighede moontlik nodig kry. Terloops, Dewald reken die beste wenas is die een op jou pel se bakkie. Soek ’n bakkie met ten minste ’n kappie toegerus. Verkieslik een uit aluminium gefatsoeneer met luike agter en aan beide kante. Indien die bakkie waarop jy jou hart verloor het met ’n tweede-batterystelsel vir die yskas pronk, lyk jou saak reeds beter. Twee goeie dakrakke vir die daktent, jerriekanne en gasbottels kan jou met ongeveer R16 000 knou. ’n Tweedehandse bakkie kom noodwendig met tweedehandse bande. Vervang hulle met behoorlike drielaag-sywandbande en die rumoer in jou beursie klink na tot R3500 per band. Dan moet jy boonop ’n tweede spaarwiel met dieselfde erns oorweeg as daardie bottel brannas wat jy in die agterste ammo-boks wegsteek. Die een vir die wis en die onwis. Die ander ding. Jou geld moet onmiddellik beskikbaar wees. Kry jy jou goed toegeruste bakkie na maande se gesoek en jy moet eers om ’n banklening gaan smeek, is die koeël deur haan wat op die kerk se toring staan. Goeie tweedehandse bakkies se duur op toonvloere is korter as die onlangse huilende bedanking, uittrede, heraanstelling en moontlike afdanking van ons energievoorsiener se indoena. Raait, alles is in plek. Jy weet waarvoor om te soek en die pondjie luier in jou gatsak. Nou staar die ander groot oorweging jou kil in die oë. Petrol- of dieselaangedrewe? Die gemiddelde ouer dieselaangedrewe bakkie is heelwat meer ekonomies. Hy proe- proe om en by 9 tot 10 kilometer per liter. Sy petroleweknie is ’n suiplap en gee jou ’n