Parys Crater Street Mile 2024 | Page 81

PARYS PEOPLE
kan kwalifiseer vir provinsiale , nasionale en internasionale erkenning . Die SA Straatmyl-kampioenskappe is ook nou ‘ n nuwe item op Atletiek Suid-Afrika se jaarkalender , en word einde Oktober gehou .
Vanjaar is ‘ n aanpassing gemaak in die roete van die Parys Crater Street Mile met die wegspring wat voor die Info-kantoor sal wees , en ‘ n draaipunt wat ingebring word by die kruising net na Jimmy Jaggers in Parys se hoofstraat .
Atlete eindig dan weer voor die Infokantoor waar hulle weggespring het . Dit is ook die eerste jaar dat die straatmyl op ‘ n Saterdag gehou word . Dié geleentheid sal na verwagting weer talle bekende atlete na dié gewilde toerismedorp bring . Die eerste wedloop spring weg om 07:00 , en die laaste om 09:45 . Die Elite-klasse is van die groot hoogtepunte en begin om 09:30 . Soos vorige jare is daar groot pryse op die spel .
Dele van die dorp se hoofstraat sal vir die duur van die Straatmyl gesluit wees tussen 05:00 en 11:00 .
Die straatmyl word aangebied deur Parys Rotary in samewerking met Parys Info & Tourism . Inskrywings is reeds oop en navrae kan gerig word by info @ paryscraterstreetmile . co . za of gaan na die webtuiste www . paryscraterstreetmile . co . za . Jy kan ook die Info-kantoor skakel by ( 056 ) 811 4000 .
https :// www . citizen . co . za / parys-gazette / news / news-news / 2024 / 09 / 18 / die-man-wat-die-skoot-laat-klap-vir-die-myl /
81