PARYS PEOPLE
MEETING THE TEAM
Die ' man wat die skoot laat klap vir die myl
Oor die jare het Nollie nie net atletiek afgerig nie , maar vele atletiekbyeenkomste georganiseer waaronder verskeie SA en PUK byeenkomste .
By die wegspringpunt staan atlete gereed . Hulle wag vir die skoot om te klap . Op die skouers van die man met die afsitterspistool rus ‘ n groot taak . Hy moet seker maak almal is geregistreer vir die wegloop , voete agter die lyn – gereed vir die wegspring . Noodhulp in plek . Tydhouers gereed . Tydsberekening perfek vir wanneer die voertuig met die aankondiger en die kameras moet vertrek .
Nollie Meintjies is die man wat vir die derde agtereenvolgende jaar op sy pos sal wees as afsitter vir die Parys Crater Street Mile . ‘ n Man wat op sy dag ‘ n kranige atleet en afrigter van vele Springbokatlete was in die 800m , 1 500m en 3 000m . Springbokatlete soos Johan Schnetler , Michael en Marietjie McDermott , Cora du Preez , Hans van der Veen en Robert de Villiers het by hom geleer .
Vir dié oudonderwyser van Hoër Volkskool in Potchefstroom was atletiek nog altyd sy passie , en begin sy roemryke atletiekloopbaan op hoërskool . “ Ek was té stadig vir die kort afstande op laerskool ,” gesels Nollie , “ maar op hoërskool het ek agtergekom ek het ‘ n lang asem .” Vele hoogtepunte het gevolg , en word hy SA-kampioen in 1982 en 1983 in die 3 000m hindernis-item . Hy breek die SA-rekord in 1983 vir dié item met ‘ n tyd van 8:21:72 , kort nadat hy sy Springbok-kleure in 1982 verwerf het . Dié rekord is eers sowat 10 jaar gelede gebreek .
Oor die jare het Nollie nie net atletiek afgerig nie , maar vele atletiekbyeenkomste georganiseer waaronder verskeie SA en PUK byeenkomste .
Deesdae is Nollie ‘ n Vredeforter wat in 2023 van Potchefstroom verhuis het waar hy omtrent sy lewe lank gewoon het , om nader aan sy kinders en kleinkinders in Vredefort te wees .
Jare terug toe die eerste informele straatwedloop in Parys in die omgewing van die Hoërskool gehou is , was die 67-jarige Nollie daar om te help , en vanjaar sal jy hom sien by sy afsitterspos in Waterstraat reg by die Eiffel-toring voor die Parys Info-kantoor wanneer atlete op 12 Oktober wegspring vir die Parys Crater Street Mile . Die straatmyl is 1 609m – presies die afstaand van ‘ n myl . Dit is ‘ n gesertifiseerde roete volgens Wêreld Atletiek , Atletiek Suid-Afrika en Atletiek Vrystaat regulasies , wat beteken dat deelnemende atlete met die straatmyl
80 Parys Crater Street Mile