Parys Crater Street Mile 2024 | Page 57

PARYS PEOPLE

Tien vrae aan …

LIEZL SCHEEPERS

Redakteur van Parys Gazette

“ Ek het die voorreg om oor soveel mense se vreugdes , sukses maar ook diepste hartseer te kon skryf . Dikwels skryf ek ook die laaste doodsberig . Veral dít vang my steeds , want dis oor my mense wat ek skryf .”

My paadjie het die eerste keer met Liezl Scheepers s ’ n gekruis nadat ek deur werknemers van Parys se Stadsbeplanningskantoor in ’ n kantoor toegesluit is en hulle die polisie ontbied het om my in hegtenis te neem . Ek dink dit was 2009 , en ek het gelukkig nie daardie aand in die selle geslaap nie . Liezl het my die dag daarna gebel omdat sy ’ n berig oor die voorval wou skryf . Wat my dadelik van haar opgeval het , was haar rustige stem en menslike aanslag . ’ n Mens vereenselwig nie sommer die woord “ omgee ” met die beroep “ joernalis ” nie . In my kop , was koerantskrywers nog altyd geharde nuussnuffelaars – die storie kom eerste , dán die mense in die storie . Maar Liezl was anders .

1 . Wat is jou komvandaan , Liezl ? Is jy ’ n gebore en getoë Parysenaar , of het jy eers later in jou lewe hierheen getrek ? Die Kaap se mooi sal altyd in my hart wees want dit is my komvandaan . Ek het grootgeword in die Strand en Stellenbosch . My pa was bankbestuurder en so trek ons toe na Pretoria in die ou ‘ Transvaal ’. Na skool studeer ek Joernalistiek en Uitsaaijoernalistiek en kies toe Parys bo ‘ n pos by die SAUK in 1994 . Die dorp en sy mense het met die eerste kennismaak in my hart kom lê .
Die koerant was toe nog in private besit wat ‘ n uitstekende leergeleentheid was , want hier moes jy alles doen . Vrydae was koerantvoudae . Elkeen van ons het die koerantblaaie met die hand gevou en inmekaar gevoeg . Die lekkerte om darem daardie koerant te kon vashou na ‘ n week se harde werk ! Die koerant en drukkery was in dieselfde gebou in Kortstraat . Destyds is berigte en advertensies met die hand uitgelê en met was vasgesit en ‘ opgelyn ’. Foto ’ s moes nog in die donkerkamer ontwikkel word , en jy moes weet van plan maak as daar ‘ n foto- ‘ flop ’ was .
Dit is ook in die drukkery waar ek my man , Frikkie , ontmoet het . Die koerant en drukkery het aan sy pa behoort voordat dit aan MooiVaal Media verkoop is . Ons groep behoort aan Caxton .
2 . Het jy al van kleintyd af “ ink in jou are ”? Wou jy nog altyd skryf / joernalis wees ? Taal was nog altyd my ding en ek het kleintyd al ‘ n liefde vir skryf gehad . Na dertig jaar is dit steeds vir my ‘ n groot lekkerte om elke week se Gazette te skryf . As jy doen wat vir jou lekker is sal jy nie een dag in jou lewe werk nie , sê dié wat weet .
3 . Hoe was dit om jou kinders in ons dorpie groot te maak ? Die groot voordeel was die nabywees en die daarwees . Ek kon gou ‘ n vergete boek skool toe vat , smiddae by die skoolhek vir hulle wag , daar wees vir elke op-en-afry vir sport of ander skooldinge . Ek kon dit tussen die skrywery doen en snags wanneer almal versorg was , verder skryf . Ek het smiddae se stap in die strate van Parys gekoester . Om my kinders te leer van die watersiklus
57