Parys Crater Street Mile 2024 | Page 137

RACE ANNOUNCER
Sy skoolhou-dae by die Laerskool Promosa in Potchefstroom , en Dagbreek Laerskool in Carletonville sal altyd vir hom uitstaan vertel hy , maar toe kruis sy paaie met die talentvolle vryskut kommentator Altus Schreuder . ‘ n Man met ‘ n absolute passie en stem vir atletiek . Dit was Altus wat hom touwys gemaak het op die kommentatorstoel , vertel Thabo .
Vandag is Thabo ‘ n bekende sportkommentator wie se stem al twee maal oor die Comradesmikrofoon gehoor is . ‘ n Man wat deeltyds vir SuperSport atletiekkommentator en analis is .
Dit is sy stem wat jy op kanaal 126 – die Supersport Skole-kanaal hoor vir die Afrikaanse rugby kommentaar , en ook die man wat die afgelope ses jaar al die atletiekkommentaar vir Atletiek Suid-Afrika by SA Skole atletiekbyeenkomste doen . Jy hoor sy kommentatorstem by padwedlope in Zambië , en by die Golden Grand Prix in Botswana . Op Erfenisdag was hy die kommentator vir die Absa Run Your City byeenkoms in Johannesburg .
Deesdae is hy ook die brand ambassador van FDC Projects in Fochville .
Al was hy nooit self ‘ n kranige atleet nie , is een ding seker – as sportkommentator Thabo Molete die mikrofoon vat , laat hy die adrenalien pomp , want hy ken sy sport . Hy droom , leef en praat dit , – en so maak hy jou deel van die wedloop .
Geskry deur : Liezl Scheepers Parys Gazette
137