Race Announcer
RACE ANNOUNCER
THABO MORETE - THE VOICE BEHIND THE MIC
‘ Ek ’ t atletiek geleef om ‘ n stem vir die sport te wees ’
Al was hy nooit self ‘ n kranige atleet nie , is een ding seker - as sportkommentator Thabo Molete die mikrofoon vat , laat hy die adrenalien pomp , want hy ken sy sport en maak jou deel van die wedloop .
Luister jy na sy verstommende kennis oor atletiek as hy jaar na jaar in die kommentatorstoel by die Parys Crater Street Mile sit , sal jy nie glo dat Thabo Molete – die stem van Parys se bekende straatmyl – nie ‘ n atleet nie , maar ‘ n belowende rugbyspeler op sy dag was .
Hy kom van Wolmaransstad en het onderwys aan die NWU se Pukkampus studeer . Gedurende sy universiteitsdae word Thabo deel van die NWU Rugby Instituut , en word hy ingesluit in die Springbok Studente Sewes groep wat twee keer in Frankryk gaan speel het . Thabo draf op as flank , maar wys ook sy veelsydigheid as agtsteman , slot en vleuel .
Sy sukses op die rugbyveld het begin op laerskool toe hy die Cravenweekspan in 1996 en 1997 haal . Daarna word hy ook ingesluit in die Hoërskool Cravenweek-spanne in 2002 en 2003 . Sy ma se skielike dood aan kanker in sy studentedae , net twee weke na haar diagnose , was egter die keerpunt en rede vir sy besluit om sy rugbytokse op te hang na sy laaste Varsity Cup wedstryd tussen die Pukke en Maties .
Hy begin skool hou as studenteonderwyser omdat hy met beide sy ouers wat toe oorlede was , nie geld gehad het om sy studies te kon voltooi nie . Saans rig hy rugby af by die universiteit , maar moes as onderwyser ook uithelp op die sportveld .
Daar was reeds soveel onderwysers by rugby betrokke vertel Thabo , daarom fokus hy toe op atletiek , en begin ‘ n studie maak van die sport .
“ Dit het my agt jaar gevat om die sport te leer . Ek moes atletiek droom , leef en praat .”
136 Parys Crater Street Mile