ARTICLE / REGSADVIES
Motorongeluk?
Wat nou?
Die somervakansie is om die draai en of jy nou met JanTuisbly se karretjie ry of nie, almal gaan een of ander tyd die
verkeer op ons land se paaie moet aandurf.
IMAGE: www.depositphotos.com
D
ie somervakansie is om die
draai en of jy nou met JanTuisbly se karretjie ry of nie,
almal gaan een of ander tyd die
verkeer op ons land se paaie moet
aandurf. Die feesseisoen atmosfeer
kan egter in ‘n oogwink gedemp
word deur ‘n motorongeluk. Nie
net die moontlikheid van beserings
nie, maar ook die ongerief en
administrasie wat daarmee gepaard
gaan. Sou die onaangenaamheid jou
tref, hou die volgende ingedagte:
1. Stop onmiddellik
die voertuig
Indien jou voertuig nie tot stilstand
gebring word deur die impak van
die ongeluk nie, stop onmiddellik
die voertuig, indien dit veilig is.
Sou ‘n persoon beseer wees in die
ongeluk of sterf, mag die voertuig nie
verskuif word sonder die toestemming
van ‘n verkeersbeampte, mits die
voertuig die verkeervloei totaal en
al blokkeer. Die posisie van die
voertuig moet in so geval duidelik
gemerk word, voordat die voertuig
na ‘n veilige plek geskuif word.
Skakel die voertuig se noodligte aan
en sit die veiligheids-driehoek uit om
aankomende verkeer te waarsku. Let
daarop dat dit ‘n oortreding is om
nie by ‘n ongelukstoneel waarby jou
voertuig saam met ander voertuie
betrokke was, te stop nie.
2. Beserings en
hulpverlening
Stel vas of enige iemand in die
ongeluk beseer is en help die
beseerdes sover moontlik. Waak net
daarteen om nie verdere beserings
te veroorsaak nie. Moet nooit ‘n
beseerde persoon skuif nie, tensy
die voertuig waarin die persoon
verkeer of naby die persoon is, ‘n
gevaar kan inhou, bv. oor ‘n afgrond
WWW.NORTHERNHILLS.CO.ZA
Moet nooit na ‘n ongeluk skuld erken nie
tuimel of aan die brand slaan. Hou
altyd ‘n noodhulptassie in jou motor
en trek, vir julle albei se veiligheid,
handskoene aan voordat jy poog om
‘n ander persoon te help. Kontak so
spoedig moontlik die polisie indien
iemand beseer is. Indien dit slegs
‘n ligte buffer-stampie was, is dit nie
nodig om die polisie te kontak nie.
3. Skulderkenning
Moet nooit na ‘n ongeluk skuld
erken nie, al voel jy dalk dat jy
verantwoordelik was. Kontak eers
jou versekeringsmaatskappy sodat
hulle die saak verder kan ondersoek.
Dit is moontlik dat die ander party
bydraend nalatig was en die ongeluk
dus nie volkome jou skuld was nie.
Die inligting wat jy ingewin het
(sien nommer 4 hieronder), sal jou
versekeringsmaatskappy help om die
saak verder te voer.
4. Skade
Stel die skade vas wat aan die
voertuie opgedoen is tydens die
ongeluk. Indien moontlik, neem ‘n
paar foto’s van die skade aan die
voertuie met jou selfoon sodat die
ander party nie eis vir bestaande
skade wat sy/haar voertuig in ‘n
vorige ongeluk opgedoen het nie. Dit
is ook raadsaam om ‘n paar foto’s
van die ongelukstoneel te neem of ‘n
rofweg skets van die toneel te maak
en die volgende inligting neer te
skryf:
W
aar het die ongeluk
plaasgevind? Verwys na straatname
en landmerke, asook die datum en
tyd van die dag wat die ongeluk
plaasgevind het;
D
ie weersomstandighede ten tye
CHRISTMAS ISSUE 2014 / NORTHERN HILLS / PAGE 09