Northern Hills Magazine 2015 Easter Issue | Page 13

AREA MEER AS 27 UUR PER WEEK AREA A (metropool areas) R 10.59 per uur AREA B (landelike areas) MINDER AS 27 UUR PER WEEK R 9.30 per uur AREA A (metropool areas) R 12.40 per uur AREA B (landelike areas) R 10.98 per uur • ‘n Werkgewer is verplig om ‘n huiswerker met besonderhede van indiensneming te verskaf, met ander woorde ‘n dienskontrak. TIPES VERLOF JAARLIKSE VERLOF Huiswerkers is geregtig op 3 weke betaalde verlof vir elke 12 maande se diens, wat neerkom op 1 dag vir elke 17 dae gewerk. ‘n Werkgewer mag nie die huiswerker uitbetaal in die plek van verlof toeken nie, behalwe by die beëindiging van die dienskontrak. SIEKVERLOF • In ‘n siklus van 36 maande, is ‘n huiswerker geregtig op siekverlof gelykstaande aan die aantal werksdae in ‘n 6 week periode; • ‘n Werkgewer mag aandring op ‘n mediese sertifikaat voor die huiswerker vergoed word, indien hy/sy afwesig is vir meer as 2 agtereenvolgende dae of op meer as 2 geleenthede in ‘n 8 week periode; • Werkgewers moet eers redelike hulp verleen aan huiswerkers wat op die perseel woon, vir wie dit nie redelik moontlik is om ‘n mediese sertifikaat te bekom nie, alvorens hulle besluit om betaling vir die siek dae geneem, te weerhou. KRAAMVERLOF ‘n Huiswerker is geregtig op 4 agtereenvolgende maande se kraamverlof. ‘n Ontslag vir enige rede gekoppel aan ‘n huiswerker se swangerskap is automaties onregmatig. Betaling vir hierdie tydperk berus by die werkgewer. BEËINDIGING VAN DIE DIENSKONTRAK Die dienskontrak mag deur enige van die partye beëindig word deur kennis as volg aan die ander party te gee: • 1 week kennis as die huiswerker minder as 6 maande werksaam was; • 4 weke kennis as die huiswerker meer as 6 maande werksaam was; • In gevalle waar die werkgewer die huiswerker “retrench”, is hy/ sy geregtig op ‘n skeidingspakket gelykstaande aan 1 week se lone vir elke jaar se ononderbroke diens. SERTIFIKAAT VAN DIENS Wanneer die dienskontrak beëindig word is die huiswerker geregtig op ‘n sertifikaat van diens wat onder andere uiteensit: • Titel; • Tydperk van indiensneming; • Relevante opleiding ontvang; • Rede vir beëindiging van die dienskontrak, slegs op versoek van die huiswerker. Geskryf deur Michelle Taljaard, Kandidaat prokureur, MHI Prokureurs Ons bedank ons vriende by Mhi Prokureurs vir die wetlike inligting: kontak hulle gerus by: [email protected] Tel: 086 191 9070 Int Tel: +27 (21) 910 8400 Durbanweg 295, Bellville, 7530 295 Durban Rd, Bellville, 7530. NH