ARTICLE / REGSADVIES
WEET U WAT U HUISWERKER
IMAGES: 123RF.COM
SE REGTE IS?
D
ie Departement van Arbeid; in
terme van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes No.75
van 1997 verskaf ‘n uitleg van
huiswerkers se regte. Hier is ‘n paar
belangrike faktore om in gedagte
te hou wanneer u ‘n huiswerker in u
woning aanstel.
WERKSURE
• ‘n Huiswerker mag ‘n maksimum
van 45 ure per week werk, wat 9
ure per dag vir ‘n 5
• Oortyd dag werksweek kan wees,
of 8 ure per dag vir ‘n werksweek
van meer as 5 dae;moet op
ooreengekom word en mag nie meer
as 15 ure per week, of altesaam 12
werksure per dag wees nie;
• Oortyd moet vergoed word teen
een en ‘n half keer die normale loon.
NAG WERK
Nag werk is werk tussen 18:00 en
06:00 en kan slegs vereis word
PAGE 10 / NORTHERN HILLS / EASTER ISSUE 2015
indien:
• Dit skriftelik met die huiswerker
ooreengekom is;
• Die huiswerker daarvoor vergoed
word teen ‘n toelaag waarop
ooreengekom is;
• Die huiswerker op die perseel
woon, of daar vervoer maklik
beskikbaar is.
SONDAG WERK
Werk op ‘n Sondag moet vergoed
word teen dubbel die normale
loon, behalwe as Sondae deel
vorm van die huiswerker se normale
ooreengekome werksdae. In daardie
geval moet die huiswerker teen een
en ‘n half keer die normale loon
vergoed word.
LONE
Huiswerkers is geregtig op ten
minste die voorgeskrewe minimum
loon. As u vind dat u meer betaal
as die voorgeskrewe minimum,
mag u nie eensydig u huiswerker
se lone verlaag nie, aangesien
dit ‘n automatiese onbillike
besigheidspraktyk sal wees. Hier
volg ‘n uitleg van die huidige
minimum loon betaalbaar vir die
periode 1 Desember 2014 tot 30
November 2015:
‘N PAAR ONBEKENDE
BEPALINGS
• ‘n Huiswerker wat minder as 4
ure per dag werk moet op die dag
betaal word;
• ‘n Huiswerker is geregtig op ‘n
betaalstrokie op elke betaaldag, wat
daagliks, weekliks of maandeliks kan
wees;
• Bedrae ten opsigte van werksklere
of kos verskaf mag nie van ‘n
huiswerker se lone afgetrek word nie;
• ‘n Aftrekking van nie meer as 10%
van die huiswerker se loon word
toegelaat wanneer akkommodasie
verskaf w ܙ