Musiek 247 vol1 | Page 19

Jacobs beskryf sy album as “eerlike musiek wat nie noodwending trends volg nie, maar eerder uit die hart kom”. “Ek is ‘n gebore entertainer en met my musiek probeer ek mense net so ‘n rukkie van die wêreld daarbuite laat vergeet. Ek dink dis belangrik om te onthou waar jy vandaan kom, om te weet waar jy vandag is, maar nog meer belangrik om nooit op te hou glo in die toekoms nie.”

Tussendeur sy verhoogwerk, soos sy uitmuntende spel in onlangse verhoogklugte soos Die buite-egtelike oupa en Boeing Boeing, balanseer Jacobs ook sy TV- én musieklooopbaan. “Ek probeer dit week vir week vat met fyn beplanning. Soms is maande voller met musiek shows en ander weer met verhoogproduksies. Hoe dit ook al seg, dis lekker om heeltyd besig te probeer wees met dit waarvoor ek lief is.”

Dit is die land is deur Dennis East, bekend om die treffer Dammit, I Love You, vervaardig met top-musikante soos Denny Lalouette en Vinnie Henrico wat saam musiek gemaak het. Dit is ‘n tydlose album vol stories en akoestiese klanke wat Jacobs as vestig as ‘n David Kramer of Anton Goosen vir ‘n nuwe geslag musiekliefhebbers. Dit is die land is ‘n rare musiekjuweel in ‘n musiekbedryf wat deur stroperigheid oorstroom word.

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453 ; E-pos: [email protected]

19