Musiek 247 Vol 2 | Page 7

Nuusbrokkies

Van advertensies na liedjies

As jy gereeld radio luister sal jy weet van die twee karakters genaamd Werner en Steve wat gereeld in ’n bekende finansiële instansie se advertensies verskyn. ’n Mens sou dalk nie kon raai nie maar die stem agter hierdie karakters is dié van ’n plaaslike, opkomende sanger en liedjieskrywer, Kevin Britz. Hy was slegs vier jaar oud toe hy begin sing het en het ook sy eie produksiemaatskappy, Soul Classics. Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat Kevin nuut is by Vonk Musiek en boonop saam met Geovanni gaan werk om ’n rits nuwe liedjies te skryf. Dié jong sanger van Supersterre-faam is druk besig om aan sy eerste Afrikaanse album te werk.

Boer en Brit vir jou wynglas

Boer en Brit, Een van die liedjies op Munro du Toit se nuwe album, is baie onlangs deur die gelyknamige wynlandgoed in die Paarl as bemarkingsmiddel aangeskaf. Maak seker jy kry sy album, Goeie Dae en klink sommer ’n glasie (wyn) daarop!

Drie toneelstukke vir Hennie

Hennie Jacobs (Diederik Greyling van 7de Laan) het aan drie toneelstukke gewerk wat by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te sien was. "Die Buite-egtelike Oupa", "Kysbriewe" en "Boeing-Boeing" is drie grypende produksies wat baie lof by gehore ontvang het. Wie weet, dalk is dié produksies dalk later vanjaar weer op die planke by ander bekende feeste te sien.

Hoor Hoor

Hoor-Hoor se nuwe opnames begin weer een van die dae by Centurion Teater. Kontak ons gerus as jy wil deel wees van die gehoor, by 012 752 8885 of epos ons by [email protected]

Die opnames datums is: 23 & 24 Junie, 30 Junie, 1 Julie, 7 & 8 Julie.