Musiek 247 Vol 2 | Page 11

11

net doelloos sing nie, ek wou 'n verskil maak. Ek het God gevra hoe ek dit kan regkry en nie lank daarna het LifeLine my geskakel en gevra oor 'n moontlike ambassadeurskap,” het sy vertel.

In Julie 2012 het Anaïs saam met dié liefdadigheidsorganisasie aan boord geklim. Sedertien het sy en haar orkes gereelde optredes by onder meer funksies vir besighede asook universiteite en skole. Sodoende motiveer sy duisende jong volwassenes deur haar musiek en betrokkenheid by die organisasie.

Boonop het sy ’n handelsmerk en veldtog genaamd Be Your Dream van stapel gestuur om bewustheid vir LifeLine te skep en drome in die proses waar te maak. Sy het ook ’n lied met dié naam beskikbaar gestel wat nou die amptelike lied vir LifeLine is.

Verder maak Anaïs van hierdie presiese handelsmerk gebruik vir ’n gelyknamige TV-werklikheidsreeks, Be Your Dream, om haar boodskap van hoop nie net by Gautengse skole nie, maar regoor die land te versprei.

“Ek het die Be Your Dream-projek geloods toe ek ná skokkende statistieke besef het dat ten minste een uit elke vyf tieners selfmoord oorweeg. Nou besoek ons skole regoor Suid-Afrika om hul van LifeLine te vertel,” het Anaïs gesê.

Volgens haar het die hoeveelheid oproepe van tieners na die inbelsetrum met 78% gestyg en daarvoor is sy uiters dankbaar. “Ek wil lewens red en mense, veral tieners en hul ouers, met mekaar te versoen. My hoop is dat hulle sal besef waaroor alles werklik gaan, oor Jesus Christus en om liefde vir mekaar te hê,” het sy gesê.

Anaïs se debuutalbum, Anaïs, is in 2012 vrygestel en het soveel sukses geniet dat dit Goue Status behaal het. Sy het gesê dat daar baie hoogtepunte in haar loopbaan is en dat daar te veel is om werklik ’n uitsondering te kan maak. “Maar as ek ’n uitsondering móét maak, sal dit beslis hierdie mylpaal wees. Ek is baie dankbaar dat my album Goue Status behaal het. Dankie aan almal wat my ondersteun.”

Sy het ook vroeër vanjaar na New York gereis om studiebeurse vir Suid-Afrikaanse jong volwassenes te gaan haal. Lees meer hieroor op haar Facebook-blad.

Anaïs se album is in alle goeie musiekwinkels asook aanlyn beskikbaar.